Villa Zeezicht

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Zeezicht is 'n historiese villa met gewels in 'n spoggerige woonbuurt. Dié villa skuil in 'n pragtige tuin aan die voet van Tafelberg, net buite Kaapstad se middestad. Die omgewing is stil en rustig al is dit net 'n paar minute se ry vanaf die V&A Waterfront, Tafelberg se kabelspoor, Clifton en Kampsbaai.

'n Hele paar gewilde restaurante is stapafstand van die villa af, en dit is ook naby die hoofweë wat na die lughawe, wynroetes en Kaappunt lei.

Die ruim kamers het lieflike uitsigte oor Tafelbaai, die stad of Tafelberg. Elke kamer is toegerus met 'n plafonwaaier, TV en koffie- en teemaakgeriewe. Die huis is versier in 'n koloniale styl en die meeste van die meubels is Kaaps. Ons bied vriendelike diens, soggens word 'n heerlike, volledige ontbyt voorgesit, en die tariewe is billik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Zeezicht gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 096 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za