Vinkie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vinkie is 30 meter van die strand af geleë in die klein, bekoorlike en prentjiemooi vissersdorpie, Paternoster. Paternoster is veral bekend vir sy tradisionele vissershuisies en dis die mees romantiese, rustige plek aan die Weskus.

Die kothuis is nie direk teen die strand geleë nie, maar wel in die eerste ry.

Die Vinkie-kothuis het 2 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort en 'n toilet. Die kombuis, leefarea en eetkamer is oopplan en die sitkamer het 'n kaggel binne. Die kothuis spog met ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings as die koue byt in die winter. 'n TV met sekere DStv-kanale is ook beskikbaar. Gaste het toegang tot braaigeriewe.

Paternoster is sowat 150 km noord vanaf Kaapstad op die R27 en 15 km noordwes vanaf Vredenburg. Dit is 'n gunstelingbestemming vir 'n naweekwegbreek onder die Kapenaars. Die Weskus is bekend vir sy omvangryke spesies en die verskeidenheid inheemse plantegroei - dit maak die Weskus 'n baie spesiale plek vir veldblomliefhebbers van regoor die wêreld.

Slaapplek

'n Bespreking by Vinkie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vinkie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 694 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]