Voorhuis
Beskrywing
Voorhuis is op 'n eeuoue duin in die Bosbokduin Natuurreservaat, langs Stilbaai geleë en word omring deur Kaapse kusfynbos. Dié huis bied onbelemmerde 200°-uitsigte oor die Indiese Oseaan en Skulpiesbaai.
Voorhuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 en suite-badkamers met see-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei, asook 'n wasmasjiene en 'n skottelgoedwasser vir gaste se gerief.
Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en 'n HiFi. Die eetarea het genoeg sitplek en 'n binnebraai.
Voorhuis smelt perfek saam met die omgewing. Die binnenshuise versiering is 'n aangename mengsel van ongekunsteldheid en elegansie, met sementvloere en perskepit-inlegwerk en kristalkandelare wat van die rietdakke af hang.
Stilbaai staan ook bekend as die "Baai van die Slapende Skoonheid" en dit is die perfekte vakansiebestemming vir allerhande watersportsoorte. Die dorpie is aan die oewer van die Goukou-riviermonding waar dit in die Indiese Oseaan in die Suid-Kaap uitspoel. Die dorp is 26 km vanaf die afdraai van die N2 tussen Mosselbaai en Riversdal. Stilbaai kan ook van die see en lug af bereik word. Die nasionale lughawe in George is 150 km oos daarvandaan en daar is 'n plaaslike landingstrook vir klein vliegtuie en 'n visvanghawe.
Slaapplek
'n Bespreking by Voorhuis sluit in:
1 x Koninggrootte-bed
1 x Dubbelbed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte Toilet
- Stort
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Kluis
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Vermaak
- Boeke en Tydskrifte
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Voorhuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |