Vygeboom Manor Boutique Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vygeboom Manor Boetiek Gastehuis en Kunsateljee is in Durbanville in die Noordelike Voorstede van Kaapstad geleë. Dit is in 'n privaat doodloopstraat geleë en kyk uit oor 'n park wat tot by nabygeleë damme strek. Die groot tuin met welige plantegroei en pragtige ou bome dra verder by tot die rustige atmosfeer wat hier heers.

Vygeboom Manor word besit en bestuur deur Callie en Luli Hamman wat persoonlik betrokke is by die daaglikse bedryf van hierdie pragtige blyplek. Hulle het deur die jare heen lieflike, skaars antieke en moderne meubelstukke, kuns en beeldhoukuns versamel om hierdie pragtige gastehuis met sy eklektiese samesmelting van style met 'n unieke, warm atmosfeer, te skep.

Die suites by Vygeboom Manor Gastehuis is ruim en almal beskik oor en suite-badkamers en pragtige uitsigte. Al die suites is op die eerste vloer van die herehuis geleë en elkeen is uniek en smaakvol ingerig met 'n enorme muurskildery deur jou gasvrou - die bekende kunstenaar Luli Hamman - wat die fokuspunt van elke suite vorm. Dit sluit weergawes van Gaugin, Valadon, Matisse, Rubens, Monet en nog ander in.

Gaste kan 'n buffet-, Kontinentale of Engelse ontbyt geniet. Aandete en braaie kan op versoek gereël word.

Die privaat swembadarea het braaigeriewe en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Verder is daar ook gratis WiFi beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vygeboom Manor Boutique Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za