Waggies
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lynnstraat 19, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Waggies is 'n pragtige en ruim vakansiehuis in die hartjie van die kusdorp Struisbaai en dis die ideale wegbreekplek vir 'n gesin en vriende.
Die eiendom bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n bad, stort en 'n wasmasjien. Alle linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n hoë plafon en 'n kombuis wat met 'n vyfplaatgasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is en daar is ook 'n eiland met stoeltjies in die middel. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en binnebraai in die kombuis.
Die kombuis lei na 'n eetarea en sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Die stapeldeure lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en ingeboude braai. Gaste het toegang tot oorgenoeg parkeerplek op die perseel.
Slaapplek
’n Bespreking by Waggies sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Arina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Jaar gelys 1
Ligging
- Lynnstraat 19, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Waggies het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Struisbaai Agulhas Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lynnstraat 19, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom