4 gaste
2 slaapkamers
2 beds
2 badkamers
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Vyver Street, Unit 14 Whale Cove Heights Block C, De Kelders, 7220, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Whale Cove @ Heavan's Veranda is 'n selfsorgwoonstel wat op die derde verdieping van die Whale Cove-woonstelgroep in De Kelders geleë is. Die verblyf is op 'n kruin en bo die Drip Cave-grotte en bied 'n uitsig oor die see in Walkerbaai, die natuurreservaat en op Hermanus se berge in die verte.
Dié eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met 2 en suite-badkamers. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamers het óf 'n bad en 'n stort óf slegs 'n stort. Gaste in die hoofslaapkamer kan die uitsig geniet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Die aangrensende leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4. Die sitarea het rusbanke en 'n TV met DStv, Showmax, Netflix, BritBox en Prime Video. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar. Gaste moet asb. hul eie aanmeldbesonderhede vir die stroomdienste gebruik.
Die leefarea lei na 'n oulike balkon met buitemeubels. 'n Gasbraai is beskikbaar. Daar is genoeg parkeerplek op die perseein in die Whale Cove-kompleks.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 10
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Vyver Street, Unit 14 Whale Cove Heights Block C, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Whale Cove @ Heavan's Veranda het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Vyver Street, Unit 14 Whale Cove Heights Block C, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang