Winelands Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Winelands lodge bied gerieflike verblyf in 'n vriendelike, huislike omgewing in Durbanville Hills, ideaal geleë naby die Durbanville-wynroete.

Verblyf word aangebied in 6 dubbelkamers en 2 gesinskamers. Elke kamer het 'n en suite-badkamer en is ingerig met luukse 100% katoen-perkallinne. Die kamers beskik elk oor 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, 'n tee- en koffieskinkbord en gehalte toiletware. Kamers word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Japonne is beskikbaar op aanvraag. Gaste is welkom om hul eerste koppie koffie van die dag in die knus, gemeenskaplike sitkamer te kom geniet. Jy ook die sonsopkoms oor die Klein Drakensteinberge waardeer, die warmte van die vuurherd geniet op koue wintersaande of selfs ontspan by die swembad. En daar is oorgenoeg veilige parkeerplek en gratis WiFi.

Winelands lodge bied maklike toegang tot Durbanweg in Durbanville wat direk lei na die N1-hoofweg na Kaapstad se middestad in die een rigting en Paarl in die ander rigting. Plaaslike besienswaardighede sluit in: Durbanville Resiesbaan en Reservaat, Durbanville-inkopiesentrum, Durbanville-roostuin, Durbanville-gholfbaan, Durbanville-wynroete, Durbanville MediClinic en Tygervallei Winkelsentrum.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Spaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Winelands Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za