Witsand 503

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Beskrywing

Witsand 503 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand met 'n pragtige uitsig op Tafelberg. Dis ideaal vir diegene wat Kaapstad en die omliggende area wil verken. Die strande is lekker vir watersport, soos seilplankry en vlieërbranderry. Gaste kan ook vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies doen en uiteet.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 kamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n uitsig oor die see en op die berge in die verte. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort en aparte toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n balkon met sitplek, 'n gasbraai en 'n uitsig oor die see en op die berge.

Slaapplek

'n Bespreking by Witsand 503 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Witsand 503 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 230 R1 107 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za