Skrywer: Bea Punt
Na hoërskool, waar Bea se passie vir kreatiewe skryfwerk begin blom het, het sy haar Honneursgraad in Joernalistiek by Stellenbosch voltooi en sedertdien het haar liefde vir tale, fotografie en goeie koffie aanhou groei. Sy moet elke hond wat sy raakloop 'n kopvryfie gee en droom om eendag 'n sonhuisie by die see te hê.

10 Besonderse berghuisies vir ’n winterwegbreek
Dis seweuur op ’n Vrydagoggend en jy sit al weer in die verkeer. Die enigste vooruitsig wat jy vandag het, is gisteraand se oorskiet-pasta in jou kosblik en bykans ’n miljoen e-posse wat lê en wag. Klink dít vir jou bekend? As jy moeg is vir swoeg en sweet om jou brood en botter te […]
15 Julie 2024

12 Lekke plekke vir blommekyk in Namakwaland
Tydens blomseisoen word Namakwaland bont geverf. Dié streek is bekend vir sy skouspelagtige veldblomlandskappe wat besoekers van heinde en verre lok. In hierdie blog lys ons ‘n paar plekke waar jy sommer dié kleurvolle verskynsel vanaf jou stoep kan bewonder! Maak sommer hierdie blomkyk-uitstappie ’n paar dae lank en bespreek by een van die lekke […]
3 Mei 2024

Troeteldiervriendelike verblyf in Gauteng
Smag jy na ’n wegbreek om uit die stad se gedruis te ontsnap, maar jy wil nie jou viervoetkinders agterlaat nie? Met LekkeSlaap.co.za se handige troeteldiervriendelik-filter is daar geen rede waarom Wagter nie saam met jou kan reis nie! Ons het ’n paar voorstelle versamel waar jy, jou geliefdes en troeteldier lekker kan rus! So, […]
20 Maart 2024

Wegbreke wat op jou emmerskoplysie hoort
Het jy ook ’n paar droomwegbreke wat iewers in jou agterkop gestoor is? Elkeen se emmerskoplysie lyk anders, maar LekkeSlaap het ’n paar gaan uitsoek wat beslis op daardie lysie hoort, of dit nou iets unieks, vreemds, luuks of knus is wat vir jou wink, dié twaalf voorstelle sal beslis jou oë laat blink! The […]
8 Februarie 2024

By hiérdie plekke wil LekkeSlapers die graagste bespreek!
Met meer as 27 000 eiendomme wat op LekkeSlaap.co.za pronk, wemel ons sosialemedia-platforms met spoggerige plekke reg oor die land! Maar daar is elke jaar ’n paar sosialemedia-lieflinge wat lesers se “like”-knoppie harder laat werk. Of dit ’n Weskus-huis of ’n berg-chalet teen Mpumalanga se heuwels is, hierdie besonderse plekkies sal jou oog keer-op-keer vang. […]
6 Desember 2023

Rotsklim: Jou beginners-handleiding tot dié avontuur
Een van Suid-Afrika se gewildste trekpleisters is beslis die ongelooflike natuurskoon en berge. Rotsklim, oftewel mountain rock climbing, is dus ’n perfekte en opwindende aktiwiteit om hierdie natuurbakens te verken! Dit bied ’n unieke perspektief en waardering vir die natuur en daar is by die meeste bestemmings ’n verskeidenheid roetes van verskillende moeilikheidsgrade wat dit […]
25 Oktober 2023

Weskus-strandhuise vir groepe
’n Groepswegbreek aan die Weskus is altyd ’n goeie idee aangesien hierdie kuslyn die tuiste van beeldskone natuur, hope avontuur-aktiwiteite en ’n string besienswaardighede is. En wie kan ooit nee sê vir ’n lekker strandhuis waar jy soggens met ’n vars seebriesie kan wakker word? LekkeSlaap het ’n paar pragtige strandhuise gaan uitsnuffel waarheen jy, […]
15 September 2023

Wagter gaan Weskus toe: Troeteldiervriendelike Blyplekke
Dis net sand wat spat en ’n stert wat swaai,want Wagter hardloop na hartelus.Hy sny ’n lyn reguit na die baai.O, dis lekke vir ’n hond aan die Weskus! Sien jy altyd op na die hartseer afskeid wanneer jy met vakansie gaan en jou hondekinders by die huis moet los? Dis glad nie nodig nie! […]
27 Julie 2023








