’n Groepswegbreek aan die Weskus is altyd ’n goeie idee aangesien hierdie kuslyn die tuiste van beeldskone natuur, hope avontuur-aktiwiteite en ’n string besienswaardighede is. En wie kan ooit nee sê vir ’n lekker strandhuis waar jy soggens met ’n vars seebriesie kan wakker word? LekkeSlaap het ’n paar pragtige strandhuise gaan uitsnuffel waarheen jy, jou vriende, familie en selfs jou vierbeenmaatjie kan ontsnap!

Salty Sandals, St. Helenabaai

Slaapplek: 10 

Weskus-strandhuise vir groepe

By Salty Sandals word jou wegbreek met ontspanning én avontuur gekombineer. Hierdie ruim dubbelverdieping-huis met vier slaapkamers is aan die pragtige Weskus-kuslyn in ’n rustige baai weggesteek. Die selfsorghuis spog met twee sitkamers, elk met ’n platskerm-TV wat vermaak vir almal verseker, asook ’n eetkamer met ’n ingeboude braai. Ander geriewe sluit plafonwaaiers, ’n lugbraaier en gratis WiFi in. Deur die stapeldeure is daar ’n besonderse see-uitsig en die eiendom bied direkte toegang tot die strand, wat dit maklik maak om rustige wandelinge en sonnige stranddae te geniet. Die huis het ook ’n omsetter wat vir ononderbroke pret, selfs tydens beurtkrag, sorg. 

Bikini Bottom, Jacobsbaai

Slaapplek: 8

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Ontsnap na die kalmte van Bikini Bottom, waar die buitengewone jou werklikheid word. Met ’n verhitte swembad, houtvuurwarmbad en braaigeriewe, is ’n besoek aan hierdie strandhuis ’n móét. Die huis is ook onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk, maar is gerieflik met geriewe soos WiFi, ’n skottelgoedwasser, wasmasjien en ’n tuimeldroër in die aparte opwaskamer ingerig. Daar is ’n TV in elke slaapkamer en die vierde slaapkamer voeg ’n tikkie privaatheid by met sy privaat ingang en ekstra geriewe soos ’n yskassie, ketel en ’n mikrogolf. Een van die twee kuierareas is op die dak met ingeboude braaigeriewe en dit spog met ’n besonderse uitsig oor die omgewing en see. 

Duifieklip, St. Helenabaai

Slaapplek: 6

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Duifieklip is ’n top-keuse vir ’n groepswegbreek en is op Hannasbaai se strandfront geleë. Hierdie strandhuis is net ’n hanetreetjie van die hoogwatermerk af met ’n tuin wat na die strande lei. Dis ideaal vir gesinne met kinders aangesien daar drie slaapkamers en ekstra slaapplek in die anneks op die boonste verdieping is. Daar is moderne kombuisgeriewe, soos ’n Nespresso-koffiemasjien, skottelgoedwasser, wasmasjien en ’n tuimeldroër en, te same met al jou bekommernisse, kan jy tydens jou wegbreek ook van beurtkrag vergeet aangesien die huis met ’n omsetter en batterye toegerus is. Julle kan lekker op die stoep kuier terwyl ’n vleisie oor die kole gaar word en as julle gelukkig is, kan julle van hier af verskeie voëlspesies, dolfyne, walvisse en robbe waarneem. Daar is verskeie restaurante en winkels in die omgewing en aktiwiteite sluit onder meer bootvaarte op die Bergrivier, ’n besoek aan die fossielpark, kajakroei, voëlkyk, voetslaan, visvang en duik in. Let asseblief dat die eiendom nie vir troeteldiere ingerig is nie, maar spesiale versoeke word oorweeg.

Hemel op Aarde Villa, Dwarskersbos

Slaapplek: 14

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Dwarskersbos is ’n gewilde dorp naby die stad vir ’n vinnige naweekwegbreek. Hemel op Aarde Villa is egter privaat genoeg in dié gewilde dorp geleë sodat jy en jou geliefdes behoorlik kan afskakel en ontspan. Stel jou voor: Julle skuil in ’n oase reg op die strand met die Weskus se rustigheid wat oor jou spoel, die sonsondergang en -opkoms wat jou vensters inkleur en die branders wat jou saans aan die slaap sing. Die braai-area is ideaal vir lekker kuier en julle kan talle DVD’s of flieks op DStv kyk. Daar is ook ’n Weber-braai en ’n kano wat die jongspan heel dag op die branders besig sal hou.

See-wende Hemel, Yzerfontein

Slaapplek: 10

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Hier sal julle in die sewende hemel wees, want met ’n 180°-uitsig oor die see en op Tafelberg, klink See-wende Hemel beslis vir ons soos iets uit ’n ander wêreld! Gaste wat na hierdie Weskus-juweel ontsnap, word met ’n dubbelverdiepinghuis op ’n groot erf wat met welige plantegroei omring word, gegroet. Die huis is op ’n radarstasie gebou wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer en gedeeltes daarvan is baie oud. Die panoramiese uitsig vanaf die boonste verdieping is ’n fees vir die oog en die kaggel skep ’n rustige en gesellige atmosfeer wanneer die koeler aande aan die deur kom klop. Let asseblief dat hoewel die strandhuis ’n steil oprit het, dit geskik is vir ’n gewone voertuig. Daar is parkeerplek vir ongeveer vier voertuie, maar omdraaiplek is beperk.

Catalina Cottage, Langebaan

Slaapplek: 6

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

’n Selfsorgstrandhuis in die hartjie van LangebaanCatalina Cottage is jou sleutel tot ’n buitengewone wegbreek! Hier word jy deur wandelpaadjies langs die strand, lieflike restaurante en bekoorlike winkels omring terwyl die huis vir jou en jou vriende ’n toevlugsoord weg van die stad se gejaag bied. Die dekor is lig en lugtig met die gemaklike beddens en rusbanke om jou gemak te verseker. Die beddens het selfs elektriese komberse as daardie koeler nagte kopuitsteek. Danksy sy betroubare omsetter en gaskookplaat, hoef jy ook nie eens oor krag kop te krap nie! Die braai-sonkamer, waar gelag word en herinneringe gemaak word, is wat dié strandhuis uitsonder van die res. 

Sea-La-Vie, Velddrif

Slaapplek: 8

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Dié strandhuis se naam is van die Franse sêding c’est la vie, wat ‘Dís die lewe’ beteken, afgelei en dit is presies wat julle hier kan verwag. Sea-La Vie is sinoniem met gemak en genot en is naby Port Owen se rivieroewer geleë. Hierdie pragtige dubbelverdieping-villa het vier slaapkamers en spog met sy eie privaat jetty, ’n braai en ’n grasperk waar julle lekker kan kuier en herinneringe maak. 

As It Is In Heaven, Paternoster

Slaapplek: 12

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Berei jou voor om ’n stukkie hemel op aarde by As It Is In Heaven te ervaar — ’n luukse toevlugsoord op die strandfront in die bekoorlike kusdorpie Paternoster. As jy die perfekte wegbreek vir jou, jou vriende en familie én jou troeteldier soek, is hierdie strandhuis die antwoord. Hier word julle nie net deur die ongelooflike see-uitsigte betower nie, maar julle kan heerlik op die uitgestrekte stoep uitspan, in die leeshoekie opkrul, of in die swembad afkoel. Gee net ’n paar tree en julle is op die strand! Die ses slaapkamers, kaggel, Weber-braai en TV sorg vir ’n ontspannende wegbreek waar julle gehaltetyd saam kan deurbring. Paternoster is net buite die Kaap en is dus ’n ideale naweekbestemming, en die perfekte rede om sommer vinnig jou bespreking te maak!

Turtles and Tides, St. Helenabaai

Slaapplek: 10

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Die pragtige Turtle and Tides beloof nie net ontspanning nie, maar bederf gaste ook met ’n asemrowende uitsig oor die strand en see, alles stapafstand vanaf die kus. Hierdie stylvolle strandhuis het moderne geriewe, soos ’n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en ’n TV met DStv. Die huis spog met vyf ruim slaapkamers, elk met sy eie en suite-badkamer. Verkeer gesellig om die ingeboude braai, of span op een van die slaapkamers se balkonne uit terwyl die seebriesie jou vel kielie. 

Jacobuskraal Yzerfontein Farmhouse, Yzerfontein

Slaapplek: 14

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Jacobuskraal Yzerfontein Farmhouse bied ’n unieke wegbreek aan jou, jou vriende en jou troeteldiere ook! Dié rustieke Weskus-styl-plaashuis is op ’n groot erf in ’n bewarea geleë en is bo-aan sterrekykers en natuurliefhebbers se wegbreeklys. Die huis word deur gas en sonkrag aangedryf en daar is geen TV nie, so jy kan hier behoorlik van die realiteit ontsnap en net herinneringe saam met jou geliefdes bou. Hoewel die strandhuis ’n gevoel van rustigheid en verlatenheid skep, is dit net vyf kilometer vanaf die bekende Sestienmyl-strand, ’n surrealistiese kusjuweel wat aan die Weskus Nasionale Park grens en jou na eindelose verkenning en verwondering uitnooi. 

Die hart van die huis lê in sy kaggel en binnebraai, wat ’n warm atmosfeer skep. Die leefarea lei na ’n onderdakstoep met nog ’n braai-area en daar is twee houtdekke waar julle tydens die somer die dag met ’n pragtige sonsondergang kan groet. 

Kelkiewyn, Yzerfontein

Slaapplek: 8

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Verbeel jou jy raak wakker met die klank van golwe net 200 meter vanaf jou stoep en die natuurgeluide wat vroegmôre die dag begin. Wel, as jy by Kelkiewyn bespreek, sal hierdie droom ’n realiteit word! Hierdie strandhuis op die Mile 16 Beach Estate in Yzerfontein is perfek vir ’n groep en bied ruim areas en ’n uitkykpunt wat jou en die Weskus se horison ewenaar. Bring jou troeteldier ook saam en maak jou wegbreek ’n onvergeetlike ervaring vir álmal! Boonop word julle deur beeldskone fynbos omring en die grasperk sorg vir oneindige pret en plesier! Vir diegene wat lief is vir braai, is daar braairoosters en ’n potjiepot. Die uitgestrekte leefarea is ’n spilpunt van die huis, met ’n eetarea, ’n knus kaggel vir koue aande en ’n sitarea met ’n TV en WiFi vir tonne vermaak. Stap deur glasdeure na die onderdakstoep en daar wag braaigeriewe en ’n KolKol-warmbad op jou.

Heimsélah, Paternoster

Slaapplek: 6

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

Aandag, avonturiers: Hierdie bekoorlike woonstel op die boonste verdieping is jou eindbestemming vir ’n onvergeetlike wegbreek saam met familie en vriende! Heimsélah is net ’n hanetreetjie vanaf die strand en ’n kort wandeling vanaf die skilderagtige Paternoster Waterfront propvol kuns en kultuur. Die huis het gratis WiFi, maak gebruik van sonkrag en is met ’n gasstoof en -braai toegerus. Julle kan ook om die swembad op die sonstoele ontspan of by die ingeboude braai op die balkon kuier om die vars seebriesie te geniet en onvergeetlike see-uitsig te bewonder. As die weer nie wil saamwerk nie, kan almal in die leefarea voor die TV verkeer en met ’n opwindende fliek die dag deurbring. 

Moonlight @ Port Marina, Velddrif

Slaapplek: 6 

Weskus-strandhuise vir groepe_LekkeSlaap Blog

’n Wegbreek na die bekoorlike dorpie, Velddrif, hoort op almal wat na rustigheid verlang se wegbreeklysie. Moonlight @ Port Marina nooi jou om te ontspan, die marina te verken en gehaltetyd in dié Weskusomgewing deur te bring. Een van die hoogtepunte van Moonlight @ Port Marina is sy stoep met braaigeriewe waar julle lekker al fresco-etes saam kan geniet. Hierdie buitelugarea het ook ’n uitsig oor die tuin. Die leefarea sluit ’n slaapbank in – perfek vir twee ekstra kinders op versoek. Die volledig toegeruste kombuis voorsien in al jou selfsorgbehoeftes en spog met moderne geriewe wat ’n wasmasjien, tuimeldroër en ’n skottelgoedwasser insluit. Smiddae kan julle in die leefarea agteroorlê op die slaapbank lê en gesels terwyl die TV vir eindelose vermaak sorg.  

’n Strandhuis aan die Weskus is meer as net ’n eindbestemming — dis ’n resep vir onvergeetlike herinneringe en ’n kans om die vreugde van eenvoud te herontdek. Bespreek sommer nou, jou avontuur aan die Weskus wag op jou!

Hooffoto: As It Is In Heaven


Lees ook:

Kuier om Kaapstad se kus

Wagter gaan Weskus toe: Troeteldiervriendelike Blyplekke

Bespreek dié strandhuise vir die somer

Winterwegbreke by die see