Skrywer: Nanje Lourens
Nanje kom van Somerset-Wes af en het haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het ’n passie vir taal, veral Afrikaans, en probeer tans haarself Duits en Portugees leer. Sy is lief vir haar familie en vriende, en mal oor reis, kamp, lees en om in die kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Eendag sal sy haar grootste droom van haar emmerskoplysie aftiek - om met ’n woonwa deur die Europese platteland te reis.

’n Naweek wink in die Witzenbergvallei
’n Mens kan verstaan waarom daar gereeld na Witzenberg as die “Vallei van Oorvloed” verwys word. Dié vallei strek oor drie streke: Tulbagh en Wolseley val onder die Boland, Ceres en Prince Alfred Hamlet vorm deel van die Warm Bokkeveld, en wanneer jy in Op-die-Berg aankom is jy al weer in die Koue Bokkeveld! Watter […]
9 Oktober 2019

50 Jaar Later: Nuwe Opskudding oor Tulbagh se Aardbewing
Soos gesien op Maroela Media. Toe Oom Koos dáái namiddag terugstap huis toe en sy hond hom nie soos gewoonlik al ’n entjie in die pad af kom haal nie, het hy geweet iets is nie pluis nie. Dié iets sou toe in die mees vernietigende aardbewing wat Suid-Afrika al getref het ontaard en het […]
25 September 2019

Raak só van jou post-vakansiemismoed ontslae
Dis die ideale vakansie: Jy lê iewers op die strand met ’n mengeldrankie in die hand en die son bak vuurwarm op jou rug terwyl jy die ander toeriste om jou lui-lui van agter jou sonbril bekyk. Maar dan skop die realiteit in ─ die vakansie is verby en jy staan maar swaar uit jou […]
3 Julie 2019

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Jak de Priester
Dié week reis OPTOG! se kombi’s al die pad vanaf Rustenburg tot in Stellenbosch en sterre soos Nataniël, Deon Meyer en Coenie de Villiers sluit by dié toer aan om gehore wyd en syd te vermaak. Jak de Priester tree die 21ste Februarie in Tzaneen in Limpopo op en LekkeSlaap het met hom gesels voor […]
18 Februarie 2019

Jou Gids tot Groot 5-kyk
Soos gesien op Maroela Media Daar is darem min dinge so lekker soos ’n koue wintersoggend in die Wildtuin met ’n fles stomende koffie in die een hand en ’n verkyker in die ander. Maar wanneer jy teen sononder steeds nie die ontwykende leeu of luiperd raakgesien het nie, is dit natuurlik ’n ander saak. […]
13 Desember 2018

Alle spore lei na Elgin: ’n Naweek in die Appelvallei
Elgin is beslis meer as net “die plek waar die appels vandaan kom”. Alhoewel dié Overbergdorpie bykans 60% van ons land se appels voorsien, is dit die wynlandgoedere in dié streek wat deesdae op almal se lippe is. Die ligging tussen die berge en naby die see gee dié streek die koelste klimaat van al […]
14 November 2018

Gesinsvriendelike Doendinge by die Gariepdam
Die Gariepdam is die mees sentrale punt in ons mooie land en dus ’n ideale oornagstop op pad na jou volgende bestemming. Met die Oviston Natuurreservaat, Gariepdam Natuurreservaat en volop wild sommer so aan die oewer van die dam, is dié omgewing meer as net ’n oornagstop werd. Die enorme mensgemaakte dam spog met ’n […]
10 Oktober 2018

8 Heerlike Houtvuur-warmbaddens in die Wes-Kaap
Verbeel jou ’n vuur word in jou plonspoel aangesteek ─ ja, jy het reg gehoor! Vergeet van gewone borrelbaddens, houtvuur-warmbaddens is vinnig besig om een van die mees gewilde en unieke geriewe by wegbreekplekke te word. Wie sou ooit kon droom dat water en vuur so goed saamwerk? LekkeSlaap het die Wes-Kaap deursoek vir ons […]
7 September 2018








