Skrywer: Nanje Lourens
Nanje kom van Somerset-Wes af en het haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het ’n passie vir taal, veral Afrikaans, en probeer tans haarself Duits en Portugees leer. Sy is lief vir haar familie en vriende, en mal oor reis, kamp, lees en om in die kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Eendag sal sy haar grootste droom van haar emmerskoplysie aftiek - om met ’n woonwa deur die Europese platteland te reis.

Kom Vier Vanjaar Fees in die Noord-Kaap
As ’n mens aan die Noord-Kaap dink is kleurvolle veldblomme, rooi duine, eindelose grasvelde en kokerbome al wat jy voor jou geestesoog sien. Iets wat jy dalk nié weet nie is dat daar sommer ook ’n hele rits feeste is wat hier en daar soos oases in die woestyn hulle verskyning maak. LekkeSlaap het ’n […]
14 Maart 2018

Kom Klink ’n Glasie op dié Gesellige Kuierstoepe!
Die ideale stoep het genoeg sitplek vir ’n groot groep vriende of die hele familie, ’n asemrowende uitsig, gemaklike meubels, braaigeriewe om saans ’n vleisie oor die kole te gooi, en speelplek naby vir die kinders. LekkeSlaap het dié lysie in gedagte gehou en ’n paar gesellige kuierstoepe gaan uitsoek waar jy en jou kroos […]
2 Maart 2018

Woeker met jou Huisie op Wiele: 20 Kampeerplekke vir jou Karavaan
Het jy ’n huisie op wiele maar is raadop oor waar om kamp op te slaan? LekkeSlaap het by ’n paar van ons gunsteling-kampeerplekke gaan inloer sodat jy nie verder hoef te soek nie! Of jy nou die seebriesie wil voel, in die bosveld wil skuil, of oor die Karoo-vlaktes wil tuur ─ ons wys […]
9 Februarie 2018

24 Uur in Napier
Jy het seker al van Napier gehoor? Dié oulike dorpie skuil aan die voet van die Soetmuisberg. Die meeste reisigers ry deur Napier onderweg na Afrika se mees suidelike punt by Agulhas of wanneer hulle op pad is see toe in Arniston. Al het die dorpie ’n ietwat omstrede begin gehad, is dit vandag een […]
17 November 2017

Die Witzenbergvallei: Kos, Kuns en Kuier by die Hamlet Kuns- en Kultuurfees
Prince Alfred Hamlet is in 1861 op die plaas Wagenboomsrivier gestig en vernoem na die Britse koningin Victoria se tweede seun. So nee, ons praat nie hier van Prins Albert in die Klein Karoo nie. Waar lê dié dorp dan nou eintlik, vra jy? Prince Alfred Hamlet, of Hamlet soos die plaaslike inwoners dit noem, […]
1 November 2017

Wat weet jy van Victoria-Wes?
Soos menige ander Karoo-dorpie is Victoria-Wes ook een van dié waar jy skaars ’n oog kan knip voor jy eenkant in en weer anderkant uit is. Volg die N12 of die R63 deur die Karoo en daar waar dié twee paaie kruis, bevind jy jou in die hartjie van dié plattelandse oase. Die feit dat […]
11 Oktober 2017

Ons hou Winterfees in Williston
Sodra jy die wit klippe gewaar wat “Williston” teen die droë koppie uitspel, moet jy sommer reeds na ’n laer rat oorskakel. Nes jy om die draai ry, is dié dutjiesdorp sommer net hier voor jou en as jy jou oë ’n oomblik te lank knip is jy alweer anderkant uit ─ en dít sal […]
18 Augustus 2017

Bobaas-doendinge in die Baviaanskloof
Die naam Baviaanskloof, afgelei van die Nederlandse “vallei van bobbejane”, laat dié Wêrelderfenisgebied beswaarlik na ’n bestemming klink waar ek myself wil bevind. Maar tog is dié streek ook die tuiste van ongerepte natuur, nou klowe, kabbelende stroompies, steil bergpasse en groot, oop vlaktes oortrek met graslande wat van die Baviaanskloof ’n stukkie hemel op […]
12 Julie 2017








