Skrywer: Nanje Lourens
Nanje kom van Somerset-Wes af en het haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het ’n passie vir taal, veral Afrikaans, en probeer tans haarself Duits en Portugees leer. Sy is lief vir haar familie en vriende, en mal oor reis, kamp, lees en om in die kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Eendag sal sy haar grootste droom van haar emmerskoplysie aftiek - om met ’n woonwa deur die Europese platteland te reis.

’n Gids tot Augrabies
Die Augrabies-omgewing het baie diep in my hart gekruip. Die geel grasvlaktes, die ongewone kokerbome, die rooi Kalahari-sand en die vriendelike mense is wraggies iets besonders. Die Augrabies-waterval is natuurlik die groot trekpleister van dié omgewing en ten spyte van die afgeleë ligging, stroom toeriste steeds elke jaar hierheen om die grootste waterval in Suid-Afrika te […]
28 Junie 2017

Vermy só die Paasnaweek-verkeer
Die eerste kwartaal het gevaarlik lank geraak en almal is die laaste maand sleepvoet en langgesig werk toe, maar nou is Paasnaweek uiteindelik in sig. Die tasse is so te sê gepak, al die boksies op jou onthoulysie is afgetiek en jy wil nie hê daar moet nou enigiets tussen jou en jou welverdiende wegbreek […]
12 April 2017

Smul by dié 7 stasie-restaurante
Verlang jy na die dae van aansit vir ete op ’n trein, die oorverdowende fluit van een wat nader kom, of dalk die geluid van die wiele wat kap-kap onder jou sitplek? Goeie nuus: LekkeSlaap het ontdek waar jy dit en nog meer weer kan beleef. Ons wys jou waar jy weer op die perron […]
15 Februarie 2017








