Kategorie: Lente

Bergfietsroetes: Kyk trap-trap Wild in Limpopo
Lente is om die draai en die warmer weer laat ’n mens se voete sommer jeuk om avontuurlustige doendinge in ons wonderskone land aan te pak. Bergfietsry is nét die ding om die bloed nog warmer deur jou are te laat bruis! LekkeSlaap het ’n hele rits bergfietsroetes in Limpopo opgespoor waar jy wild kan […]
15 Augustus 2018

Vier Elke Seisoen in Hogsback
Die Kaap se somerwinde is vir sommige vakansiegangers nét te erg, KwaZulu-Natal voel soms soos ’n sauna sonder ’n deur en die wintervelde noord van die Vaalrivier is dalk net té vaal vir kranige kameramanne en -vroue. Só het elke streek maar ’n seisoen of twee wat minder vakansievriendelik is as die ander ─ of […]
17 Januarie 2018

Kom rus ’n bietjie in Rosendal
Rosendal het dalk minder as ’n 100 permanente inwoners, maar hierdie sonderlinge dorpie in die Oos-Vrystaat loop oor van al die stories. LekkeSlaap het gaan inloer om te luister na dié verhale en te sien watter skatte hier lê. Ligging Rosendal is sowat ’n halfuur se ry vanaf Ficksburg en ongeveer ’n uur en vyftig […]
15 Desember 2017

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels
Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van […]
3 November 2017

’n Dag vol Liefde in die Jakarandastad
Dié tyd van die jaar trek die Jakarandastad weer sy pers jassie aan. Die violetkleurige bloeisels wat in Oktober en November oral gestrooi lê en die strate in sprokiestonnels omskep, maak Pretoria ’n uitstekende naweekbestemming vir liefdesduifies. LekkeSlaap het ’n paar romantiese doendinge gaan soek waarmee paartjies ’n dag of twee in dié stad kan vul. […]
27 Oktober 2017

Weelde in Wellington: Val du Charron
Val du Charron is ’n weelderige wyn- en olyfplaas net buite Wellington in die Bovlei-vallei. In 2015 het Drinks International Magazine dié boetiekwynplaas se Theatre of Wine aangewys as die mees innoverende toerisme-ervaring, en sedertdien behaal hierdié spoggeleentheid jaarliks groot sukses. LekkeSlaap het ’n draai by Val du Charron gaan maak en vertel jou graag wat alles […]
6 Oktober 2017

’n Dag of Drie in Darling
As jy “Darling” hoor, dink jy waarskynlik heel eerste aan Evita se Perron, maar daar is soveel meer wat in dié dutjiesdorp aangaan! Hier kan jy net ontspan en jou in die salige plaasatmosfeer verlustig, óf ewe lekker rondrits van eetplek na drinkplek na proeplek. LekkeSlaap was vir ’n paar dae gedurende die Darling Veldblommeskou […]
29 September 2017

Jou bobaas-blommekykgids vir 2017
Soos gesien op Maroela Media. Baie van ons se enigste herinnering aan die jaarlikse veldblomseisoen is ’n ou, verrimpelde foto van jou wat verbouereerd tussen die blomme poseer terwyl ma of pa allerhande snaakse streke uithaal om jou aandag op die kamera te hou. Of dalk het jy nog nooit eerstehands die Weskus en Namakwaland […]
1 September 2017








