Daar was nog altyd vir my iets omtrent winter en kamp. Soggens is die lug kraakvars, gisteraand se reën nog op die tent vasgeplak en ’n paar warm kole wat die nat aand oorleef het lê nou waar daar gisteraand ’n braaivleisvuur was. Dis daardie eerste koppie stomende boeretroos terwyl jy tevergeefs langs die kampvuur probeer warm word en terselfdertyd na die oggendgeluide van die natuur rondom jou luister. Geen e-posse nie, geen sperdatums nie, net die eenvoud van mens en Moeder Natuur.

Namibië is ’n ongeslypte diamant wanneer dit by kamp kom. Ons buurland is ’n skatkis vol natuurskoon wat dit die ideale kampbestemming vir enige natuurliefhebber maak. LekkeSlaap het ’n lysie van 6 kampeerplekke van Kunene tot Swakopmund bymekaargemaak waar elke gretige kampeerder na hartelus in die natuur kan kerjakker!

 

Windpomp 14 Barnyard and Camp

Prys: Vanaf R400 vir 2 persone
Waar: In die Dorob Nasionale Park, 22 kilometer vanaf Swakopmund in die hartjie van Myl 14.
Ablusiegeriewe: Warmwaterstorte en ablusieblokke
Kragpunte: Elke kampeerplek het ’n 220 V-kragpunt.
Braaigeriewe: Ja, gaste moet net asb. hulle eie braairooster saambring.
Ekstras: Daar is ’n waterpunt, en ’n kiosk, restaurant en kroegarea met behulpsame personeel is regdeur die jaar beskikbaar.
Skitterresensie: Baie oulik, netjies, teen die strand met minimum wind. Baie gerieflik – Elriaan D, Jan 2019

 

Epupa Camp

Prys: Vanaf R360 vir 2 persone
Waar: 800 meter oos van die Epupa Watervalle aan die Kunenerivieroewer.
Ablusiegeriewe: Daar is storte by die kampplek.
Kragpunte: Nee
Braaigeriewe: Ja, hout word deur die gemeenskap teen onderhandelbare pryse voorsien.
Ekstras: Epupa Camp het ’n privaat eiland en swembad met ’n uitsig oor die rivier, ’n buite-kroeg met WiFi en ’n sitarea met ’n klein biblioteek en eetarea. Gaste wat van die selfsorgkamp-opsie gebruik maak kan ook maaltye bespreek – let wel dat dit 24-uur vooraf bespreek moet word.

 

Sossus Oasis Campsite

Prys: Vanaf R420 vir 2 persone
Waar: By Sesriem en Sossusvlei se toegangshek.
Ablusiegeriewe: Toilet- en stortgeriewe
Kragpunte: Ja
Braaigeriewe: Ja
Ekstras: Die kampterrein het ’n swembad, ’n winkel en ’n internetkafee. Die Sossus Oasis Service Station Shop bied peuselhappies, drankies, ys, kruideniersware, vuurmaakhout, toiletware, kurio, klere, brandstof en ’n werkswinkel vir motorbande.
Skitterresensie: Dis ’n oase in die woestyn! – Stephanie V, Maart 2019

 

Etosha Village Camping

Prys: Vanaf R360 vir 2 persone
Waar: In die Mopaniwoude rondom Etosha Nasionale Park.
Ablusiegeriewe: Toilet- en stortgeriewe
Kragpunte: Ja
Braaigeriewe: Ja
Ekstras: Daar is swembaddens, ’n kroegarea met ’n groot TV en ’n geriefswinkel. Begeleide uitstappies na Etosha en skemerkelkieritte kan ook by ontvangs bespreek word.
Skitterresensie: Gasvry, netjies, veilig en gerieflik. – Nico B, Maart 2019

 

Ongongo Waterfall Campsite

Prys: Vanaf R600 vir 2 persone
Waar: 6 kilometer vanaf Warmquelle in ’n diepklofie in Kunene.
Ablusiegeriewe: Privaat ablusiegeriewe en warmstorte
Kragpunte: Nee
Braaigeriewe: Ja
Ekstras: Daar is ’n area met ’n opwasbak. Warm bergwater sorg dat besoekers heeljaar kan swem.

 

Agama River Camp

Prys: Vanaf R2660 vir 2 persone
Waar: Aan die voet van die Naukluftberge, sowat 30 kilometer suid vanaf Solitaire en 50 kilometer vanaf Sesriem.
Ablusiegeriewe: Privaat ablusiegeriewe en warmstorte.
Kragpunte:n Energiebesparende 12 V-lig wat aan ’n motorbattery gekoppel kan word is beskikbaar.
Braaigeriewe: Ja
Ekstras: Die hoofkampgeboue het ’n kroeg, restaurant, groot uitkykdek en ’n swembad.
Skitterresensie: Pragtige opset, vir seker ’n tweede besoek werd. – Melvena C, Jan 2019

Het jy ’n gunsteling-kampplek? Was jy al by een van die kampplekke in die blog? Ons hou daarvan om van julle te hoor, deel dit met ons hieronder!

 

(Hooffoto: Bigstock)