Geverifieerde Resensie
Amanzimtoti
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Amanzimtoti bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 397 resensies.
"Parkeer-area langs Montrose is geweldig vuil en as die wind waai, waai alles strand toe. Asblikke loop orals oor, word nie leeggemaak."
"Lekker strand met baie getroue en aktiewe lewensredders wat reeds van vroeg af op strand is. Naby genoegsame doendinge en plekke. Openbare gebiede kan soms bederf word met onopgevoede lastige mense."
"Ek hou baie van die ligging - dit is stil en rustig, maar het die nodige winkels en plekkies om te besoek. "
"Warner Beach het 'n heerlike getypoel om in te swem. Warner Beach is nie 'n offisiële swemstrand nie, meer vir branderplankryers. Winkelspruit is 'n offisiële swemstrand met reddingspanne aan diens."
"Close to Durban if you want to visit uShaka for instance. Nice water park for the kids to keep them busy, lots of shops and entertainment, yet it is not as crowded as Durban."
"Baie geniet, see bietjie vuil met aankoms a.g.v. vullis in lagoon, het egter verbeter. Vir veiligheid, moenie na 6 in die aand op strand beweeg nie. "
"Heeltemal te besig oor die Kersseisoen. Ons het wel heerlik geëet by die restaurant, Friends, wat 'n baie aangename atmosfeer het."
"Baie vriendelike diens en mense waar mens gaan. Baie om te doen in enige klimaat. Beslis 'n 100% aanbeveling."