Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1365 resensies.
"Even though we enjoyed our stay. We had to drive through the town and didn't feel quiet comfortable due to the condition of the town."
"Beaufort-Wes is 'n baie klein dorpie. Ons het net die dag van my verjaarsdag ingery dorp toe om by 'n plekkie te gaan eet. Nietemin was die personeel baie vriendelik. Het nie baie rondgery in Beaufort-Wes nie so dit is moeilik om te weet watter besienswaardighede daar regtig is. Dit is 'n goeie halfpad stop op pad Kaap toe."
"Die dorp is nie meer wat dit was nie. Baie agter uit gegaan, nie meer so skoon en veilig soos 'n paar jaar gelede nie en met al die trokke op die N1, is dit soms 'n nagmerrie om deur die dorp te kom."
"Die dorp is maar omgekrap, maar gelukkig is Biffies Cottages aan die noordekant van die dorp geleë. Dit was een van ons oorwegende besluite."
"Te veel rommel en vullis in strate. Te veel gate in paaie. Die dorp kom slordig voor en lyk nie of daar enige munisipale dienste is nie."
"'n Besige dorp wat alles bied wat benodig kan word en is vir seker baie skoner as baie ander Karoo-dorpe."
"Dit is 'n juweel op die lang pad Kaap toe, het my verlustig in die boustyle en die skoonheid en netheid van die hele dorpie."
"Not sure what all Beaufort West has to offer, but their accommodation options are awesome. If you have time, the Karoo National Park is a must. There are trails for all vehicles!"
"Besoek die museums, Chris Barnard- en stadsmuseum. Vir R100 kry jy 'n begeleide toer."
"Met die terugkom en deur Beaufort na Paasnaweek was dit weer vuil, en dronk haweloses het op sypaadjies gelê."