Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.
"Prins Albert is 'n ontvlugting vir dié wat 'n gejaagde lewe ly. Hier kan jy ontspan, hardloop, fietsry, olywe en wyn proe en bitter lekker eet! Dit is ook 'n bonus as jy lief is vir die natuur. Die Swartbergpas is iets om te beleef, daar is staproetes en as jy jou verblyf reg kies, uitsigte wat jou asem wegslaan. Beslis 'n plek om te besoek!"
"'n Plek om weer jou siel te vind en die sterrehemel met verwondering te aanskou."
"Doen jouself die guns en spandeer tyd hier, mens is so geneig om net verby te jaag. Ontdek nuwe dinge veral in die unieke natuur."
"Lekker kuier dorpie. Baie om te doen en sien. Olyfplaas is 'n moet en ook Swartbergpas."
"The town is a gem, this is our third visit. We had the most delicious meal at Karoo Kombuis. "
"Jy kan lekker rondry vanaf die plaas en heelwat gaan besigtig en ja, dis 'n pragtige wêreld ten spyte van die huidige droogte."
"Die Bush pub se kos en diens was 'n wow factor. Die lekkerste en pragtige uitsig by die rivier."
"Lieflike klein dorpie. Ek is baie jammer dat ek nie op 'n Saterdag daar was om ook te gaan fliek nie."
"It was a good location for the long drive from Bloemfontein to Cape Town. Lovely to find hidden gems to sleep and eat. "
"Ons het ons morsdood gesoek na 'n kafee en apteek! Dis definitief nie die plek om geskenkies vir geliefdes te koop nie. Meeste is kunswerke en min daarvan is billik geprys. Dis 'n pragtige dorp en baie skoon."