Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3007 reviews.
"Pragtige rustige dorpie waar jy nie genoeg tyd oor 'n naweek het om alles te sien wat die dorpie bied nie. Die stofstrate en wandelpaadjies laat jou aan 'n vergange era dink en die oorvloed van plantegroei gee 'n nuwe betekenis aan boomryk! Niks is bloot net gewoon aan die klein dorpie nie!"
"Lieflike dorpie wat heerlik rustig is deur die week en 'n woelige atmosfeer oor naweke. Meer winkels kan dalk deur die week oop wees?"
"Gerig op buitelandse kliënte. Inkopies is te duur! Items behoort 'n Rand en Dollar prys te hê."
"Clarens is so sentraal aan baie vakansie aktiwiteite insluitend perdry in Golden Gate, staproetes in Golden Gate, Ziplining, White water rafting, putt-putt, vierwielmotorfietsritte, gholf, staproetes in die Clarens Beware, tennisspeel, visvang ens. Ons kom altyd huistoe uitgerus en vervul na 'n Clarens vakansie."
"Clarens is 'n baie lekker toeristebestemming en die afstand vanaf Johannesburg en Pretoria maak dit ideaal om te besoek vir 'n langnaweek."
"Dit is 'n pragtige dorpie, met vriendelike inwoners. Dit is die enigste plek wat ek nog gesien het, waar die mense water bakke buite los vir dors honde! Die gesnuffel in die winkels weeg net baie swaar op jou beursie! Sal beslis weer gaan."
"Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel."