Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3049 reviews.
"Die ingang vanaf Fouriesburg met plakkerskamp oorkant gholfbane skep 'n swak indruk. Die winkels in Clarens wat "fabrieks vervaardigde" kuns en ornamente verkoop asook die kruidenierswinkel doen afbreuk aan Clarens se karakter."
"Uitstekende bestemming vir 'n naweek vergelykbaar met dorpe soos Dullstroom of Franschhoek, langer as dit, teensy jy net wil boeklees en rus het Clarens beperkte aktiwiteite."
"Dit is regtig 'n stunning, mooi, rustige dorpie. 'n Lekker verandering van die vinnige pas van Johannesburg. Die wegbreekie was net die regtig ding. Daar is ook genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Clarens Brewery is amazing verby, Vene die tattoo artist is 'n moet (as jy 'n tattoo mens is) en natuurlik Bokpoort Cowboy Ranch was 'n belewenis. Ek kan nie wag om weer te gaan nie."
"Clarens is die ideale plek om batterye te herlaai. Een word met natuur om jou asook die luuksheid van die snuffelwinkeltjies en natuurlik die allerlieflikste gallerye."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met interessante winkeltjies en pragtige omgewing. Bier brouery produk probeer is 'n moet. "
"Clarens is 'n toeriste dorp. Ons het dit geniet om deur die dorp te loop en na al die winkeltjies te kyk, maar ek sal nie sommer iets daar koop nie want dis bietjie duur. Dis 'n pragtige dorpie en ek sal die dorpie graag weer wil besoek."
"Ek het Clarens baie geniet , al die berge en skoon lug en mooi natuur. Die rustigheid was vir my so genotvol. Die mooi winkeltjies en restaurante was ook iets om te geniet."
"Die mense is baie vriendelik en dis baie lekker om orals heen te loop en al die mooi goed te sien."
"Oulike staproetes in 'n baie besondere stuk natuurskoon. As jy nie 'n kunsliefhebber is nie, is daar nie veel aan die dorpie nie."