Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15861 resensies.
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Villa del Mar"Rustige dorpie. Lieflike stapplekke en die pikkewyne was 'n extra verrassing. Baie vriendelike locals."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 1"Pragtige dorpie. Ons sal beslis weer terugkom. Sentraal en maklik om al die ander kusdorpies te verken."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Shack"Stunning village, beautiful flat beach and a breathtaking gallery, a must to go and see."
"Ontspanne en stil atmosfeer. Besonders skoon en word mooi instandgehou."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Linge Longa"Ek het groot geword in Robertson en ek sal nie Worcester kies as 'n toeristebestemming nie."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Beach House Britannia Bay"Mens ry deur St. Helenabaai om by Britanniabaai te kom. Ek self sal nie in St. Helenabaai belê nie. Daar is baie aktiwiteit wat ek nie naby 'n residensiële rustigheid wil voeg nie. Britanniabaai is 'n baie beter opsie vir vakansie en aftrede."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Wildebraam Berry Estate"Tons to do in Swellendam. We need to go back to finish visiting all the attractions and enjoying the beautiful time."
"Lieflike vakansiedorpie - veral wanneer mens dit kombineer met bootry en visvang in die rivier/see! Interessante winkeltjies met die nodigste voorraad beskikbaar. Ons het 'n baie interessante lesing gehad deur Martin Fourie - mede-eienaar van die nuwe 'Spasie' Restaurant oor die herkoms van rum en ook hoe dit gedistilleer word ens. Ook het ons dikwels by Pili Pili Restaurant gekuier waar die bote vasmeer. Dit was lekker om by die Wolskuur Markie te kon rondsnuffel. Ons kuiertjie was ongelukkig te kort om nog by Anchorage Restaurant ook te kon uitkom. Witsand/Port Beaufort kan definitief aanbeveel word vir 'n vakansiebestemming."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Imberbe"Beautiful beach, longest on the Southern hemisphere with fairly warm water. The stingrays in the harbour are really something special. The boardwalk stroll from the lighthouse in Cape Agulhas to the southern most tip of Africa is pretty enjoyable!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Klipmossel"Die wynproe was fantastiese ondervinding. Al die restaurante was great."
Moorreesburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Cottage 1 - "Ertjiebos Cottage""Ons was in Moorreesburg vir 'n troue en het dus nie baie rond gery in Moorreesburg self nie."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Harbour House Hotel"Gunsteling kusdorp met so baie dinge om te doen."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Hills Dam House and Flat"Wat afbreek doen aan die dorpie se geskiktheid as toeriste-aantreklikheid en hoofkwartier waarvandaan verkenning van die pragtige omgewing gedoen kan word, is die onooglike informele nedersetting amper in die dorp. Ek het besoek gebring om eindom te besigtig met 'n plan om daarheen te verhuis vir aftrede; nou sal ek twee keer dink."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Lilybet"Die dorp het die mooiste blomme-uitstalling wanneer dit blommekyktyd is. Lekker eetplekke en mooi omgewing."
"Pragtige dorp, vriendelike mense, uitstekende restaurante. Beslis die naam Dorp Van Die Jaar werd."
"Jy moet jou rigting en plekke in die Paarl ken - dit kom maar deurmekaar voor. Vra maar vir Minette vir voorstelle vir resaurante. Die meeste is bietjie weggesteek."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Barrydale is baie goed geleë om groot dele van die Klein-Karoo te besoek. Die dorp is skoon en het wonderlike toeriste-besoekpunte."
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Kara Mia"Die strand/(swem)-gebied is nie so maklik toeganklik nie en die baie bamboese met derduisende goggas daartussen, is nie so aangenaam nie. Andersins is die omgewing en natuurskoon asemrowend mooi."