Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16426 reviews.
Silversands, Escape From Cape Town
Sol y Sombra"'n Pragtige gedeelte van Bettiesbaai met 'n ongerepte lang strand. Dis heerlik stil en weg van die stadsgeluide. 10 uit 10! "
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Klokkiebosch"Bly asseblief so ongerep! Moenie meer kommersialiseer nie! Dit lyk nog soos die Weskus behoort te lyk!"
Wellington, Escape From Cape Town
La Rochelle"Baie mooi dorpie met vele besienswaardighede en inkopiesgeleenthede. Gerieflike wegspringpunt na baie bestemmings as mens op 'n vakansie reis is. "
McGregor, Escape From Cape Town
Orchard Cottage"Pragtige dorpie met oulike winkeltjies, galerye en koffiehuise / restaurante. Die natuur en omgewing is pragtig - Lords Wynkelder is 'n belewenis, asook die lodge/ restaurant / trouvenue met panoramiese uitsigte. Eseltjies by Esetjiesrus raak aan mens se hart. Pragtige huise en geboue!"
Swellendam, Escape From Cape Town
Hermitage Huisies"Wat 'n mooi dorp. Die geskiedenis is fantasties. Ek het gesukkel om Carina by die 'Fairy and Elf Kingdom' weg te kry!"
Hermanus, Escape From Cape Town
Haven of Peace & Garden Cottage"Baie lekker kusdorpie om te ontspan vir n paar dae."
Klapmuts, Escape From Cape Town
Tuinhuis"Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek. "
Hermanus, Escape From Cape Town
Cycads Self-catering 6"Very friendly and accommodating people in Hermanus."
McGregor, Escape From Cape Town
Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1"Beautiful, quaint little town with galleries, coffee shops, wine tasting - all in one street."
Brandwacht, Escape From Cape Town
Feel @ Home"Brandwacht is 'n uitbreiding in Stellenbosch en naby al die winkels en eetplekke."
L'Agulhas, Escape From Cape Town
South Point Self Guest Lodge"Pragtige foto's geneem by die mees suidelike punt en die skeepswrak saam met die sonsondergang."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Swept Away Guesthouse"'n Pragtige, rustige plek vir ontspanning en vakansie! Yzerfontein is besonder netjies en inwoners is baie behulpsaam. Verseker 'n besoek werd! "
Klapmuts, Escape From Cape Town
Groendraai Accommodation"Sentraal om die hele omgewing te kan verken!"
Riviersonderend, Escape From Cape Town
Die Ponthuis"Dit is 'n tipiese plaasdorp. Baie mooi ou huise wat netjies opgeknap is. Die Ou Meule het die lekkerste pasteie en gebak."
Agulhas, Escape From Cape Town
Rus 'n Bietjie"Ons het Agulhas geniet. Kon heerlik stap veral by ligtoring en verder. "
Paternoster, Escape From Cape Town
Bokkoms Guest Flat"Pragtig en pure plesier. Wolfgat Restaurant is 'n besonderse ervaring."
Paternoster, Escape From Cape Town
Paternoster Place"'n Fantastiese vakansiedorp met karakter en wonderlike mense. Verseker 'n moet op almal se lysie."
Van Riebeeckstrand, Escape From Cape Town
C'est La Vie Self Catering Apartment"Dit lyk nie vir my soos 'n swemstrand nie, maar dit is baie mooi met uitsigte oor Robbeneiland en Tafelberg. Ek vermoed my kinders sal nie van die rustigheid hou nie."
Riebeek West , Escape From Cape Town
Riebeek Valley Hotel"Dit was baie gemaklik. Die mense was almal baie vriendelik en die ontbyt was baie lekker."