Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4130 resensies.
Lawrence Rocks, Ontsnap Uit Durban
Calamari 10"Die area laat jou voel asof jy jou eie rustige strand besit. Vriendeliker mense as die "locals" gaan jy nie sommer kry nie. Dit is 'n idilliese plek van vrede en rustigheid. 'n 10 uit 10 toeriste bestemming."
Margate Beach, Ontsnap Uit Durban
Arabella No.2"Please bring back the theme park, it served as great entertainment. The beach is beautiful and clean."
Oribi Gorge Natuurreservaat, Ontsnap Uit Durban
Beechwood Cottage"Dit was heerlik dat ons woonplekkie so na aan die Gorge was. Dis 'n bestemming wat ons as 'n gesin definitief weer sal wil beleef in die toekoms."
"Alles is binne stapafstand vanaf Blue Door. Goeie eetplekke. "
"Te veel om oor te praat, hierdie spasie is beslis te klein om alles op te noem, net een woord sal alles opsom: onvergeetlik!"
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"St Lucia is die perfekte bestemming vir natuur, visvang, rustigheid en asem skep!"
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Flamboyant 10"Pragtige plek as jy lief is vir die natuur en vir diere en hou van rustigheid."
Zimbali Estate, Ontsnap Uit Durban
13 Yellow Wood"Zimbali was pragtig, maar daar was bouwerk in ons area so dit was besig in die dag, en daar was gaste in ander huise wat vreeslik geraas het in die aande."
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Tree Top Village @ Urban Glamping"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."
"Ek het regtig net oorgeslaap. Was vinnig by La Lucia Mall om iets te koop. Dit was baie naby en het alles gehad wat ek gesoek het."
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Flamboyant 17"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."
Manaba Beach, Ontsnap Uit Durban
Natspat 20"Dit was en sal nog altyd 'n stand met waarde vir jou geld wees. Almal was gerus en veilig op die strand."
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Tree Top Village @ Urban Glamping"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."
"Ons het Ramsgate werklik geniet omdat die omgewing baie stil is. Ons het baie plekkies en winkels gaan besoek en dit was heerlik. Ek sal Ramsgate enige tyd vir mense aanbeveel. "
Woodgrange, Ontsnap Uit Durban
Beach Cove"Small and sleepy coastal town but very central so it is ideal if you want to travel up or down the South Coast for a day trip."