Geverifieerde Resensie
Vrystaat
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vrystaat bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7630 resensies.
"Mooi dorpie en lekker gekuier. Heerlik om daar rond te loop tussen interessante winkeltjies."
"Clarens is voorwaar pragtig. Dis skoon, natuur is pragtig. Wat 'n bonus om jou siel en gees net daar bietjie te gaan recharge."
"Dele was skoon maar ander dele baie vuil. Maar oor die algemeen nie sleg nie."
"Clarens se binnegoed ondergaan 'n gedaanteverwisseling wat niemand weet wat dit gaan oplewer in die toekoms. Sekere ongewenste elemente het dit reggekry om in te sypel oor die onlangse onsekere landsomstandighede. Clarens kort visie, maar sal altyd 'n unieke bestemming bly."
"Die agteruitgang van die pragtige ou dorpie is opmerklik en hartseer, maar die regering en plaaslike munisipaliteit is hiervoor te blameer."
"Bloemfontein is an alright travel destination. I was here for research, and not for a holiday."
"As jy graag stap of net wil ontspan is dit 'n goeie plek. Ons was van Maandag tot Vrydag daar en dit was 'n baie aangename tyd. Ek weet net nie van naweke en vakansies nie. Dan kan dit dalk baie besig raak as ek na die inwoners luister."
"A delightful little town with a lot to do. We are already planning another visit."
"Parys is 'n regte juweel. Daar is genoeg winkels en kuierplekke om almal besig te hou, maar daar is ook stilte en rustigheid. Almal is vriendelik. Sal definitief weer teruggaan."
"My gradering van Parys is gedoen op grond van oornagbestemming, nie as toeris nie. Paaie is vol slaggate, stopstrate is bietjie onduidelik."
"Die dorp het baie uitgebrei met interessante winkels en restaurante. Probeer Koepel slaghuis vir vleis- en deliprodukte."
"In vergelyking met vorige kuiers daar kon mens die nadraai van Covid sien deurdat sommige besighede dit ongelukkig nie kon maak nie. Daar is egter baie tekens van oplewing deur middel van nuwe boupersele ens. Die omgewing rondom Clarens bv Golden Gate is 'n fees na die reën in die Vrystaat."
"Daar is baie plekke om te besoek en ons was al by baie. Geniet die Vrystaat baie!"
"Sekere restaurant water hulle drank af en dit is onnodig, betaal premium prys en verwag dan ten minste wat jy voor betaal, verder was dit 'n baie lekker ondervinding en sal beslis weer gaan kuier"