Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.36 uit 5 gekry volgens 4074 resensies.
Gehrard C. - 3rd January 2017
staying in Vrystaat
Uiters warm oor Desembermaande.
Dawie S. - 3rd January 2017
staying in Bethlehem, Vrystaat
Die perfekte plek om te oornag as jy die middag uit Natal uit ry Kaap toe.
Francis A. - 3rd January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Ons geniet Clarens terdeë, en sal definitief terug wees.
Veronica D. - 3rd January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Sal enigetyd weer Clarens besoek, dis 'n wonderlike kunsdorpie.
Danie S. - 3rd January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n ideale bestemming met baie om te doen - van die vele winkeltjies en restaurante om die plein en staproetes tot die aksiebelaaide aktiwiteite soos "white water rafting", visvang en bergfietsry. Dis die perfekte keuse vir 'n eerste oorslaapplek vir jou toer na die Drakensberg of Lesotho.
Carina F. - 2nd January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
'n Besige klein dorpie.
Gorden W. - 2nd January 2017
staying in Vrystaat
Beautiful places to visit in the Free State. People have great hospitality.
Bea-mari B. - 1st January 2017
staying in Bloemfontein, Vrystaat
...
Marna G. - 1st January 2017
staying in Clarens, Vrystaat
Die restaurante maak te vroeg toe in die aande. Definitief die plek om te wees as jy net wil rus in die natuur.
Theunis S. - 1st January 2017
staying in Vrystaat
Baie lekker.
Christa M. - 1st January 2017
staying in Trompsburg, Vrystaat
Daar is regtig nie veel om te doen nie, maar dis die perfekte oornagple: - daar is nie die lawaai van groter plekke soos Colesberg nie. Ek sal in die toekoms veel eerder in Trompsburg oorslaap.
Laulene K. - 31st December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is pragtig en rustig. Daar is lekker eetplekkies en oulike winkeltjies. Golden Gate is om die draai vir 'n pragtige Sondagmiddag-rit.
Johann S. - 29th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n moet. Sal dit beslis weer besoek.
Thys V. - 29th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Die beste in die land. Ons eie klein Switserland in Suid-Afrika.
Ian G. - 29th December 2016
staying in Harrismith, Vrystaat
Ek het in Harrismith gewerk vanaf 2005 tot 2007 en ken dus die omgewing. Dit bied heelwat, maar die dorp is baie verwaarloos.
Jacques V. - 29th December 2016
staying in La Provance, Vrystaat
Baie mooi plek.
Adela W. - 28th December 2016
staying in Vrystaat
Ek moet erken dit is die eerste keer wat ons in die Vrystaat vakansie hou, maar dit lyk vir my dit is 'n ideale provinsie met baie vriendelike mense.
Leonie G. - 28th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens sal altyd 'n gunsteling wees.
Daleen E. - 28th December 2016
staying in Philippolis, Vrystaat
'n Pragtige dorpie en 'n plekkie wat 'n mens verseker moet besoek voor jy Kaap toe gaan. Maak ten minste een keer 'n draai en besoek die dorpie in die daglig om al die mooi raak te sien. Die pad soontoe lyk ook nie te sleg nie.
Anna-marie V. - 28th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens was sprokiesmooi en voorwaar die moeite werd om te besoek - pragtige omgewing.
Arista B. - 27th December 2016
staying in Panorama, Vrystaat
Very well situated!
Arista B. - 27th December 2016
staying in Bloemfontein, Vrystaat
We had supper at Margerita's Seafood and Steaks, a very nice restaurant in town. The food was very good and the wine list one of the best I have seen so far. Definitely to be recommended!
Zelda F. - 26th December 2016
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Baie interessante bestemming.
Karischa K. - 26th December 2016
staying in Philippolis, Vrystaat
'n Juweel wat nog gevind moet word. Beeldskone dorp en vriendelike mense!
Jo C. - 26th December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Die hart van die Vrystaat.
Grove E. - 26th December 2016
staying in Trompsburg, Vrystaat
Wens ons het meer tyd gehad.
Adri S. - 26th December 2016
staying in Bethulie, Vrystaat
Bethulie is 'n perfekte halfpad-oorslaapplekkie Kaap toe. Lieflike pad om te ry en fantastiese brug om te sien, 'n regte geskiedkundige plekkie.
Daan L. - 23rd December 2016
staying in Glen, Vrystaat
Pragtige plek met baie mooi natuurskoon.
Bernice S. - 23rd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige dorpie.
Mpho H. - 23rd December 2016
staying in Ventersburg, Vrystaat
Lovely small town and very safe.
Meliza C. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Een van die mooiste plekke in ons land.
Amelda M. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Sal enige tyd weer gaan, sommer more al.
Jaco M. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Baie winkeltjies en restaurante. Die Portugeuse restaurant se personeel was onvriendelik. Die ander restaurant maak of vroeg toe, of is baie besig, of jy wag vir 'n tafel en as jy een kry, wag jy vir diens en kos. Ons kon rustig deur die sakekern stap in 'n kort tydjie en al die winkels was stapafstand. Die Saterdag was daar ook vele stalletjies op die plein. Dit was duidelik wie was die besoekers/toeriste (stil en rustig), en van die mense van die dorp/omgewing. Die mense van die dorp/omgewing is die wat met klipharde musiek en oop vensters die rustige atmosfeer versteur.
Nicolene V. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Uitstekend. 'n Plek van inspirasie.
Lorna B. - 22nd December 2016
staying in Jacobsdal, Vrystaat
Mense is baie vriendelik en behulpsaam.
Roelof N. - 22nd December 2016
staying in Memel, Vrystaat
Baie vriendelike gemeenskap. Was daar vir n troue.
Elana V. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is baie dierevriendelik. Ons twee klein hondjies het dit terdeë geniet. As julle met hondjies gaan, gaan stap met hulle in die Clarens Nature Conservancy.
Cindy I. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens en die omliggende omgewing is beeldskoon en daar is iets vir almal om te doen. Dit is 'n uitstekende vakansiebestemming!
Itumeleng F. - 22nd December 2016
staying in Clarens, Vrystaat
Everyone has to put Clarens Extreme on their wishlist.
Bernard W. - 22nd December 2016
staying in Vrystaat
Droog.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za