Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9575 reviews.
"George en omliggende gebiede het ons voorwaar verras. Ons kon nie uitgepraat raak oor hoe skoon en netjies die dorpe is nie. Dit was lekker om op ordentlike paaie te ry sonder om bekommerd te wees oor potholes. Ons het ons vakansie in George baie geniet. "
"Baie lekker gewees om net te kon afskakel. Als byderhand wat nodig was. "
"Ek is mal oor Knysna, maar dit is bietjie crowded in vakansie- en spitstye. Dit is 'n pragtige bestemming en jy sentraal tussen Plettenbergbaai en Sedgefield, daar baie toeriste-aantreklikhede rondom Knysna wat dit 'n ideale bestemming maak. "
"Die mense en algehele publiek is baie vriendelik en kan gerus 'n pluimpie van waardering toegedien word. Dit maak sommer dat jy op jou gemak is. Strande is baie mooi skoon net 'n jammerte dat die warm water swembad toe was weens opgradering."
"Shops and restaurants can make more of an effort to welcome visitors outside school holiday periods. Shops and restaurants closed very early making it difficult for those not on self-catering."
Great Brak River, Garden Route
Beker Loop Oor"Ons het verlief geraak op Groot-Brak, al die ander plekkies in die omgewing is ook baie mooi, maar Groot-Brak is ons gunsteling."
"I absolutely love Still Bay - it is my favourite holiday destination in the Western Cape. Interesting walks and beautiful beaches. Something for everyone here!"
"Great plek. Dis baie rustig en veilig. Strande en dorp is baie skoon. Wil baie graag daar gaan aftree."
"Ons het gaan visvang op die meer saam met JJ's Fishing. Dit was 'n belewenis gewees."
"Ek is absoluut versot op Hartenbos en Mosselbaai. Soveel om te doen en te min tyd om alles te beleef. Ons het baie mooi herinneringe gemaak, danksy ons sentrale verblyf en jul uitstekende diens."
"Julle moet die eetplekkie genaamd Hennie's besoek, kos, fun en als wat jy kan geniet. Mosselbaai is 'n lieflike vakansieplekkie, ons hou al vir die afgelope 7 jaar elke keer daar vakansie."
"Draai in by Riversdal vanaf die N2-hoofpad, jy sal verstom staan oor wat jy al die jare gemis het deur verby te ry."