Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9575 reviews.
"Google help baie met reisbeplanning, maar mens het tog soms nodig om die inligtingkantoor van toerisme te skakel of te e-pos. Die dame was van groot hulp en het die ekstra myl geloop om my te kon help met inligting van Ladismith omdat Ladismith se inligting op die webwerf nie korrek was nie. Die dame by inligting van toerisme in Ladismith het gemeld dat hulle 'n groot agterstand gehad het en dat sy nou alles in haar vermoë doen om hul plek weer op die webwerf te sit en te adverteer."
"Baie om te doen en om te sien, daar is baie om te doen vir oud en jonk soos die skulpiemuseum, die Dias museum en die posboom, die waterpark vir die kinders, die ATKV-park in Hartenbos is ook uitstekend vir kinders, heerlike eetplekke soos die Chinese restaurant, die Sea Gypsy en Delfino's was heerlik."
"'n Absloute juweel waarvan min mense, behalwe die branderplankgemeenskap (gelukkig) weet!"
Great Brak River, Garden Route
Beker Loop Oor"Baie lekker vakansiebestemming, wil sommer daar gaan aftree."
"In ag genome die Covid probleem is George steeds 'n lekker plek. Naby alles en dan praat die meerderheid my taal. Almal baie vriendelik. "
"Baie sentraal geleë om by verskeie plekke uit te kom. Pragtige dorpie."
"Ons bly in Heidelberg Wes-Kaap en ken die omgewing goed. Daar is baie te sien en te doen. Vir die avontuurlustiges is daar uitdagings. Elke dorp het sy spesiale bederfplekke."
"Dit is n plek met baie aktiwiteite in en rondom die dorp en dit word hoogs aanbeveel."
"Ons is baie lief vir Sedgefield vir al sy mooi strande en natuurskoon. Nuwe Spar en restaurant is 'n aanwins. Sou graag daar wou aftree."