Geverifieerde Resensie
Greyton
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Greyton bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 359 resensies.
"Greyton is 'n pragtige plek met mooi landskappe. Daar is 'n groot verskeidenheid winkeltjies en resturante om van te kies en lekker rond te loop, aangesien dit veilig is."
"Greyton is een van daardie dorpies wat diep in mens se hart kruip en dan daar gaan wegkruip!"
"They have a lovely restaurant in like a beautiful garden centre that makes the most divine wood-fire pizzas. They have just installed a new pizza oven so once they all set up I'm sure it will all be awesome - a must try."
"Greyton is a beautiful and quaint town. We especially enjoyed the free-roaming horses, the available outdoor activities (hiking, biking, walking) and the many eateries. Spectacular mountain scenery!"
"Greyton is na genoeg aan Kaapstad om vir 'n dag of naweek te besoek. Die Saterdagoggend-mark is altyd 'n besoek werd."
"Behalwe om so 'n pragtige juweel van 'n dorp verder te bemark. Doen dit wat julle tans doen, en nog beter, julle het die wonderlike natuurskoon, werk daarmee. "
"Ons het te min tyd gehad om als te ontdek, maar sal beslis terugkom vir die oulike restaurante, winkeltjies, galerye en die Saterdag-mark waarvan ons net gehoor het!"
"A beautiful little town with a restaurant around every corner. The gardens were lush and awash with roses and many other flowers. The Greyton Art Walk was lovely. I enjoyed every minute of our visit."
"Heerlike plek om af te skakel, maar genoeg eetplekke om nie afgeleë te voel nie."
"Oulike dorp en veilig om te stap. Tog jammer van die leeglêers. Pragtige tuine en huise en die dorp is mooi onderhou. Besoek gerus Genadendal ook. Maak seker jy boek by die restaurante en as jy in die week reis sal baie restaurante toe wees. Die restaurante is van baie goeie gehalte en die diens is puik!"
"Such a nice surprise exploring Greyton! Beautiful little town."
"Die dorpie is nie sonder rede al as Dorp van die Jaar aangewys nie. Die mense is vriendelik en daar is meer as genoeg restaurante en winkeltjies om te besoek. Dit is die perfekte plek om lafenis vir jou siel te kry."
"A must for anyone who appreciates old-country charm. The quality of restaurants were a particularly delightful surprise. Recommend going for the Rose Festival. Well worth it."
"Beautiful, rural town. Good breakaway for a quiet relaxing time away from the hustle and bustle of city life. "
"Ons het vir die Rosefees gegaan en dit was fantasties om al die pragtige tuine te besoek."
"A lot of the restaurants were closed during the week and limited our options for lunch."
"Rustige dorpie met heerlike restaurante en goeie verblyf. Pragtige natuurskoon aan die voet van die berge."
"Greyton is 'n pragtige plekkie en ons sal graag weer eendag 'n bietjie tyd daar wou spandeer."
"Baie sjarmante bestemming! Lekker stappaaie en die mark Woensdag en Saterdag 'n moet!"