Geverifieerde Resensie
Hartbeespoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartbeespoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 550 resensies.
"Die area in geheel is besig om agteruit te gaan. Dis nie meer so bedrywig as voorheen nie, en die sluiting van Tant Malie se Winkel het definitief 'n leemte in die hele area gelaat. Algemene instandhouding van die gebied is ook nie meer op die vlak wat dit voorheen was nie."
"Ons het Hartbeespoort baie geniet. Ons wil graag weer gaan om nog dinge te gaan sien en te gaan doen."
"Hartbeespoort is die perfekte plek om weg te breek van al die geraas in die stad. Daar is talle oulike markies waarby jy kan gaan kuier. Die mense is ongelooflik vriendelik. Kan nie wag om weer daarnatoe te gaan nie. Maak 'n draai by The Windmill, en proe hulle heerlike waffels. Die kuier was regtig een vir die boeke."
"Die kostes, om sekere goed te doen as familie is redelik duur. Sal meer van pakkette hou om families te akkommodeer."
"Harties is a teleurstelling. Als maak hulle so deur en daar is niks om regtig te doen behalwe as jy klere en kos en drank soek nie."
"Bespreek by Elephant Sanctury, Monkey sanctuary en The Ann van Dyk Cheetah centre. Doen kabelkarrit en kuier ook by Iron Throne. Daar soveel meer om te doen."
"Te min koffie winkels waar jy net kan gaan sit en 'n koppie koffie geniet."
"Driving around Hartebeespoort was very nice, we really enjoyed ourselves being there."
"A nice place to get out of the rat race of Johannesburg and unwind a little."
"Die paaie kan aandag kry. Daar is baie om te doen in die omgewing."
"Hartbeespoort is 'n baie mooi plek met baie vriendelike mense. Al wat my net pla, maar ons almal praat oor dit, is die jasinte wat die dam oorvat en ek dink dit het 'n groot effek op die toerisme van Hartbeespoort. Verder is harties 'n baie mooi plek en ek sal dit vir enige iemand aanbeveel."
"Die golfbane wat ons gespeel het, is van die hoogste gehalte - Sandy Lane en Magalies Park. Die onderskeie personeel het baie mooi na ons omgesien. Veral Bra Jack by Magalies Park."
"Loads to do, even in the rain. Barbados Restaurant is a definite, such a good vibe, food excellent. Van Dyk Cheetah sanctuary - we did not have a booking but was accommodated. The views are also amazing. The bonus part is that it is only 1 hour from JHB - will be returning soon."
"Lekker vir 'n vinnige wegbreek, baie om te doen en heerlike restaurante."