Geverifieerde Resensie
Hartbeespoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartbeespoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 614 resensies.
"Hartbeespoort het lekker restaurante en dinge om te doen. Lekker weer."
"It is a beautiful holiday destination with plenty of activities. Whether you are looking for a relaxed vibe or an adventure, there is definitely something for you to do."
"Die area is redelik duur vir wat mens kry. Ander areas het beter verskeidenheid van aktiwiteite met beter waarde vir geld."
"Dit kan 'n fantastiese toeristebestemming wees, maar die paaie is in 'n haglike toestand!"
"Die area in geheel is besig om agteruit te gaan. Dis nie meer so bedrywig as voorheen nie, en die sluiting van Tant Malie se Winkel het definitief 'n leemte in die hele area gelaat. Algemene instandhouding van die gebied is ook nie meer op die vlak wat dit voorheen was nie."
"Ons het Hartbeespoort baie geniet. Ons wil graag weer gaan om nog dinge te gaan sien en te gaan doen."
"Hartbeespoort is die perfekte plek om weg te breek van al die geraas in die stad. Daar is talle oulike markies waarby jy kan gaan kuier. Die mense is ongelooflik vriendelik. Kan nie wag om weer daarnatoe te gaan nie. Maak 'n draai by The Windmill, en proe hulle heerlike waffels. Die kuier was regtig een vir die boeke."
"Die kostes, om sekere goed te doen as familie is redelik duur. Sal meer van pakkette hou om families te akkommodeer."
"Harties is a teleurstelling. Als maak hulle so deur en daar is niks om regtig te doen behalwe as jy klere en kos en drank soek nie."
"Bespreek by Elephant Sanctury, Monkey sanctuary en The Ann van Dyk Cheetah centre. Doen kabelkarrit en kuier ook by Iron Throne. Daar soveel meer om te doen."