Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1921 reviews.
"Kalahari en Kgalagadi NP zijn zeker zeer mooie en interessante streken om te bezoeken. Landschappelijk compleet anders dan Europa. Je moet wel houden van hitte, stof en verlatenheid!"
"Die Kalahari het ongelooflike potensiaal ten opsigte van toerisme en daar is baie om te leer vir die nuuskierige toeris."
"Mooi skoon woonbuurt, trouens die hele dorp is, het daar al gebly ook. Kan net straatname op sementblokke op sypaadjies verf."
"Ek weet daar is meer te doen en te sien, maar dit is nie opsigtelik nie. Sigbare (above line) borde sal beter werk - nie almal ry deur die plekkie met hulle slimfone aan nie. Ek is lief vir die wêreld en ry graag deur Keimoes, maar weet nog steeds nie regtig wat daar is om te doen en te sien nie. "
"Kathu se ligging is ideaal vir oorslaap as jy reis vanaf Gauteng na Namibië of die Weskus. Die dorp het my aangenaam verras."
"Die Kalahari is 'n unieke plek met die mooiste natuurtonele en waar 'n mens kan rustig raak en weer jou voete vind."
"Net een nag oorgeslaap en gaan eet by Ocean Basket. Baie lekker en skoon."
"Die moeite werd om die omliggende dorpe en natuurlik die waterval te besoek. "
"Die wingerde in 'n andersins woestyn land maak dit 'n unieke belewenis. Jammer dat dit, soos bykans alle plattelandse dorpe in Suid Afrika (sowel as Namibia), so besoedel is met plastiek en papier en bottels ensomeer. "
"Ongelooflike plek! En die wyn is heerlik! Die mense is vriendelik en praat met die mooiste aksente. Die dorp is pragtig met al die water kanale. Wat 'n lekker plek. 'n Ander wêreld."
"Mooiste uitkykpunte! Die moeite werd om 'n dag uitstappie te maak van die wonderwerk in ons land!"
"Pragtige dorpie met 'n reuse Spar. Goeie opsie om te bly vir 'n oornag na Augrabies. Groen oase in die Oranjeriviervallei."