Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1929 reviews.
"Woonbuurt stil en rustig genoeg om te voel jy is op die platteland, tog naby genoeg aan sakekern."
"Wat ons wel gevind het by restaurant in die Noord-Kaap - die diens, alhoewel baie vriendelik en gasvry, is in baie gevalle baie stadig - amper asof die restaurant nie voorbereid is om 'n groot aantal gaste op een slag te bedien nie. Veral van toepassing op die restaurant by die Augrabies Waterval - rêrig ongelooflike stadige diens. Ek dink ook die curio winkels by die verskillende toeriste attraksies, kan meer doen om pragtige ware van die omgewing te verkoop en nie die gewone "kommersiele" produkte nie. Maar jy sal ver gaan om vriendeliker mense as die van die Noord-Kaap te kry!"
"Dorp kan beter bemark word. Dele van die dorp is ook baie vuil. Daar sal ook gekyk moet word na veiligheid in die dorp."
"'n Deel van my het agtergebly in die Kgalagadi! Dis 'n moet op elke natuurliefhebber se beleef-en-doen-lysie!"
"Kuruman is a buzzing town despite it's size. Even though the language is different, it felt as if I was at home, the people are beautiful and very helpful. Enjoyed taking a stroll through town and appreciated the presence of SAPS. "
"Ons het die valle met al sy geriewe, die nagrut in park, die ontsaglike vriendelike mense in die park vreeslik geniet. Die gemeenskap met winkels, kelders ens. was kosbaar. Groen Kalahari was 'n groot voorreg. "
"Onveilig in dorp, maar vriendelike mense en baie aangename Spur help nogal."
"Dorp het baie agteruit gegaan vandat ek laas daar was. Baie jammer want dit is oulike dorp. "
"Keimoes het baie besondere toeriste-besienswaardighede. Vir sommige daarvan moet jy maar bietjie moeite doen en rondvra. Die mense is baie vriendelik en vertel graag van hulle dorpie."
"Die lang afstande is die moeite werd. Die eenvoud van die lewe tref jou nogal. Wat maak ek in die stad, vra jy jouself gedurig."
"Goed geleë vir die reisiger maar ongelukkig is daar heelwat swaer vragmotors wat in die nag deur die buurt ry."