Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6885 resensies.
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
Thatchings Bed & Breakfast"Min restaurante is saans oop vir aandetes en die wat wel oop is, is lank voor die tyd bespreek. Dit bemoeilik sake as jy nie in 'n selfsorg-eenheid bly nie. "
"Dit het die lekker strande en mooi snorkelpoele. Daar is van die lekkerste bergfietsroetes naby en 'n paar ander interessanthede. "
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Oppi Rotse"Verskriklik lekker om dit te kon sien en na die seekoeie en krokodille te kyk op die Hippo Cruise. Dis regtig 'n baie unieke plek met die mooiste natuurskoon. "
"Ballito is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp met baie uitbreiding vir beleggers. Ek sal ongelukkig nie die strand as swemstrand voorstel nie, as gevolg van al die rotse. "
"'n Voëlkykparadys, digby die Dlinza en ander woude en ±40km as 'n mens by die see (Mtunzini) wil uitkom."
"Ons is mal oor Ballito. Lekker staproetes. Die rotse is heerlik vir kind en grootmense. Die eetplekke is baie goed en geniet dit veral om by The Galley Beach Bar te eet. Ballito is n plek vir 'n gesin om vakansie te hou."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Kings Palace"Dit is baie lekker en rustig maar daar is nie baie aktiwiteite om 'n mens vir lank besig te hou nie. Die aktiwiteite wat wel daar is, is baie genotvol."
"Ballito is een van die lekkerste vakansiebestemmings! Mo-Zam-Bik kan ek beslis aanbeveel as mens lus is vir lekker eet, goeie diens en lekker atmosfeer. Die malls wat naby is en die skoon strande is beslis ook 'n groot aantrekking!"