Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6885 reviews.
"Ons het nie regtig kans gehad om te toer nie, want ons moes meeste van ons tyd by Hillcrest Hospitaal spandeer. Dis 'n mooi omgewing, maar daar is 'n swaar reuk as jy naby die vullishoop verbyry. Gelukkig is die verblyf ver van die vullishoop af."
Northern Drakensberg, KwaZulu-Natal
Witsieshoek Mountain Lodge"Asemrowend, kalm en voedsel vir die siel."
"Daar is baie besienswaardighede in die omgewing. Dit voel veilig met baie verskillende opsies om van te kies."
"As jy wegbly van die swak areas is dit baie veilig daar. Die polisie is deurlopend teenwoordig en daar is baie om te doen."
"Margate is 'n verskriklike lekker plek. Een van die mooiste plekke wat daar is. Dis lekker naby alles: Kart Freaks (baie lekker plek) Lake Eland, krokodilplekke, ensovoorts"
"Geleë in een van die mooiste dele van ons land. Die Lemon Tree Restaurant is ons gunstelingeetplek."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
St Lucia Wilds"Beslis die moeite werd om 'n vakansie daarheen te beplan."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Ndiza Lodge and Cabanas"They are now working at the riverbanks and the plan is to connect the Umfulozi river to the Estuary. This should be finished around June and the Estuary should be connected to the sea again. I'm afraid of the influence to nature by this, as I didn't see one Hippo in 3 days."
"Lekker klein plek om vakansie te gaan hou. Strand is redelik skoon, maar twyfel of dit werklik van Blouvlag-standaard is en het die getypoel baie geniet."
"Ek glo nie Scottsville is 'n toeristebestemming nie. Van hier af kan mens baie rondbeweeg as jy die area ken, en dan kom rus jy na `n besige dag."
St Lucia Estuary, KwaZulu-Natal
Tree Top Village @ Urban Glamping"Die winkels is bietjie duur vir SA, maar natuur maak daarvoor op."
"Heerlik sentraal, lieflike strandjies aan weerskante. Genoeg om te doen. Sal beslis Shaka's Rock aanbeveel en self teruggaan."
"Mooi dorpie. Het Bloedrivier-monument en -museum besoek. Dit was vir ons en die kinders baie leersaam."
"Zimbali is beslis vyfster-kwaliteit! Al die lieflike swembaddens om van te kies om in te swem is net groot bederf. Al wat ek kon wens is dat ons toegangkaartjies by die woudgedeelte van die estate kon ingaan, want ek sou dit graag vir my dogter wou wys."
"Baie netjiese omgewing, min geriewe vir toeriste, maar baie rustig en skoon."