Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Ons was al daar, maar dit was dié keer net nie dieselfde nie. Al die winkels was nie oop nie en die ander het ons nie aangestaan nie. Van die eetplekke was al vroeg toe - het wel toe plekkie gekry en lekker geëet."
"Asemrowend mooi om die dorp en die lekkerste atmosfeer in die dorp. Beslis 'n meer gereelde plekkie om te besoek."
"Verskeidenheid van plekke om te eet en kuier. Wonderlike winkels en pragtige omgewing."
"Nie veel om te doen/sien in Fouriesburg nie, dit is darem naby genoeg aan Clarens en Golden Gate. Die omgewing en natuurskoon is werklik iets om te ervaar. Die ou kerkgebou is pragtig."
"Ons het opgelet dat Clarens in die 4 jaar wat ons laas daar was tot nou toe sy rustige stil strate en restaurante verloor het."
"This is where I go when the noise of he city and everyday work life gets too much. A place to wind down, stroll around the square in the town and enjoy the curious small shops, or the many art galleries, or take a slow drive through the Golden Gate National Park and drink in the magnificent beauty of the sandstone cliffs."
"Soveel mooi. Asemrowende natuurtonele, baie om te doen. Heerlike eetplekke, oulike winkeltjies."
"Clarens is 'n lieflike dorpie om te ontspan en die buitelug en buitelewe te geniet."
"Soos baie plattelandse plekke in Suid-Afrika is die strate in 'n bedenklike toestand, maar buiten dit is daar regtig nie fout nie."
"Kom al vir jare. Lieflike wegbreek. Baie jammer die strate en grondpaaie is so verwaarloos. Met enige sedan of kleiner voertuig is dit nagmerrie na en van blyplek."
"Baie mooi memories van Clarens saam met vriende en familie. Kos ens. ens. uit die boonste rakke!"
""Out of this world" Pragtige dorp, mooiste ligging. Veilig en skoon. Kan nie wag om terug te gaan nie."
"Clarens is nog 'n oulike plek - lekker restaurante, paar oulike winkels. Ongelukkig is daar heelwat vlooimarkte of kitswinkels van laer gehalte ook. Ek bemerk ook dat baie winkel-assistente en kelners uiters onvriendelik is. Hier en daar 'n gawe persoon. Ek is bevrees dat dit lyk asof Clarens, net soos baie van ons mooi dorpies, stadig agteruitgaan. Wens die regte bestuur kan betyds ingryp."