Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3665 resensies.
"Not an ideal time to visit as lots of shops and restaurants are closed due to Covid, but still a quaint town to visit."
"As dit bietjie goedkoper was, sou mens dalk meer gereeld so naweek kan beplan."
"Die dorp is skoon en die mense is vriendelik. Ideaal vir wegbreek van die besige stadslewe."
"Die plek wat aan almal se smaak sal voldoen in 'n rustige vakansie-atmosfeer met ongeskonde natuurtonele."
"Ek gaan vir die berge, die vars lug en die atmosfeer. Dis heerlik om die berge om elke hoek en draai te sien wanneer jy deur die winkels snuffel of 'n ete by een van die baie restaurante geniet, of sommer net wanneer jy jou oë oopmaak in die oggend."
"Die toerisme bedryf vat definitief sy knou in daardie areas, paaie gaan baie agteruit. Sal nie die pad tussen Fouriesburg en Ficksburg in die nag aandurf nie."
"Left a piece of my heart in this beautiful destination. Will definitely be back!"
"'n Wonderlike dorpie en beslis 'n besoek werd. Sal definitief weer daar gaan kuier."
"Natuur is pragtig en vol verrassings. Mense is vriendelik en behulpsaam. Kooperasie Restuarant het die beste kos en diens."
"Clarens is definitief my gunsteling plek in die hele Suid-Afrika. Altyd skoon en netjies, die dorp is vol lewe en ongelooflik vriendelik! Ek sal nog daar kom aftree!"
"Clarens was altyd 'n groot toeris-trekpleister, maar die dorpe val uitmekaar uit met die slegte paaie en vervalle voorkoms."