Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Ons is gereelde Clarens besoekers en het vriende wat permanente inwoners is. Ons hou daarvan om elke keer ander akkommodasie uit te probeer."
"Paaie soontoe baie sleg, van Gauteng sowel as Oos-Kaap, lekker toeristedorp."
"As jy nog nie daar was nie moet dit op jou bucket list kom. Dit is 'n merkwaardige mooi dorpie, baie besienswaardighede, lekker eetplekke, asemrowende natuurskoon. Absoluut die moeite werd om te besoek."
"Fouriesburg is 'n pragtige dorpie en het definitief potensiaal vir 'n wonderlike toerisme bestemming."
"Good places to eat out, including Christmas dinner. Really peaceful, not too commercialised. "
"Daar is nie ordentlike kruideniersware winkels nie. 'n Paar kafees en 'n algemene handelaar. Naaste dorpe met kettingwinkels is Betleheme of Ficksburg en Clarens."
"Fantastiese plekkie vir enige iemand om te besoek. Oulike winkels en heerlike restaurante. Dit is 'n sprokies dorpie."
"Dit was vir my regtig besonders dat Clarens op Kersdag tot stilstand gekom het. Skaars 'n motor gesien, behalwe voor die kerk. Die diens was stampvol (ons was by die 10 vm een) en die voorbereiding daarvan absoluut fantasties. Hulle het baie moeite gedoen en ons het dit opreg waardeer. Dankie aan almal wat betrokke was!"
"Baie mooi dorpie omring met berge en almal vriendelik. Mens moet net besef omdat dit gewild is, is die koste van uiteet, inkopies ens. nie goedkoop nie."
"Altyd die moeite werd om 'n paar dae hier te vertoef. Hier is iets vir almal om te doen. In die kostelike dorpie is daar baie winkeltjies om in te kyk, heerlike restaurante om in te eet en moenie vergeet van Clarens se eie brouery met 'n wye verskeidenheid biere om te proe. As jy genoeg gehad het van winkels, is daar ook baie aktiwiteite vir die avontuurlustiges. Zip-line deur die bome of witwatervlotry af met die Asrivier wat jaarom water in het as gevolg van die Caledon-watertonnel vanaf die Katsidam in Lesotho. Net 'n paar kilometer buite die dorp is ook die pragtige Golden Gate met staptoere en rytoere. So 'n pragtige deel van ons land!"
"Pragtige toeriste aantreklikheid. So rustig, veilig en vriendelik. Voorwaar 'n aangename belewenis."
"Nie vreeslik baie om te doen buiten drink en lekker eet nie, maar dit is 'n pragtige bestemming vir 'n vinnige wegbreek!"
"Fabulous town which is very well geared towards visitors with excellent restaurants and a lovely, easy-going lifestyle. The cheese deli is a must!"
"Daar is baie om te doen en te ervaar. Mens moet werklik 'n paar dae daar bly om meer van die aktiwiteite te ervaar en uit te probeer. Mooi omgewing en baie skoon lug. "
"Lieflike dorpie met heeltemal te veel om te doen in net een naweek."