Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1540 resensies.
"Goed geleë en kry baie besoekers deur vakansie. Wil net meer goeie eetplekke soek in dorp."
"Margate het redelik baie agteruit gegaan die laaste paar jaar. Wat dit wel (volgens my) red is die beter, stiller en skoner strande rondom, soos Ramsgate en Marina Beach."
"Die hoofstraat is baie beknop met min of geen parkeerplek. Daar is amper niks om te doen wanneer dit reën nie."
"Margate se eetplekke is goed geleë en lewer goeie waarde vir geld. Veiligheid is goed en strand was skoon daagliks. Baie besienswaardighede. Sal definitief Margate weer besoek."
"Nie baie besienswaardighede nie, maar 'n baie rustig plek, vriendelike mense. 'n Heerlike plek om te rus, maar ook genoeg afleiding omdat dit naby groot strande is. Sal enige tyd weer soontoe gaan."
"Ons het nou Umhlanga vir Margate geruil, alles is binne loopafstand as jy iets nodig het!"