Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1987 reviews.
"Die beste plek om te gaan rus en te ontspan met kinders. Hartenbos is enige kind se droomvakansie-plek."
"As daar 'n betrekking is sal ek permanent verhuis vanaf Kaapstad na Mosselbaai. Die dorp se diens is onvergelykbaar! Talentvolle dorp met baie vir almal. Kunds, kultuur, luier, nostalgie, geskiedenis, doen dit en Mosselbaai het dit! Dis MOSS die plek om te wees en ons het so lekker geslaap. "
"Mosselbaai is een van ons gunstelingvakansieplekke. Soveel om te doen en ook om te ontspan. Om net die see te sien is vir my 'n ontspanning. Mooiste uitsig van amper enige plek."
"Mossel Bay is the place of adrenaline so enjoyed the Ziplining will definitely go back. Place to relax."
"Ek en my vrou hou graag vakansie in Mosselbaai, omdat dit vir ons 'n baie lekker vakansiebestemming is en ek moet erken dat ons van ons beste verblyf in Mosselbaai gehad het. Dit voel regtig asof die akkommodasie wat in Mosselbaai aangebied word net beter is as in die res van die land."
"Ons gaan gereeld Mosselbaai toe en ons hou besonder baie van die Mosselbaai en Hartenbos omgewing. Ek sal dit beslis aanbeveel as ’n vakansiebestemming."
"Dis ’n lieflike area, strande is skoon, vakansi gangers vriendelik, die restaurante se kos is fantasties en daar is baie om te doen. Nie een oomblik was daar ’n kind verveeld nie en dan Pirate Cocktail Bar het heerlike skemerkelkies."
"'n Lekker vakansiebestemming. Ek het my verkyk aan al die ou geboue daar en die uitsig oor die see was net fantasties."
"Mosselbaai sal altyd ons go to place wees. Fantastiese plek daar is baie aktiwiteite en mooi plekke om te sien."