Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1987 reviews.
"Asemrowend, fantasties, so baie dinge om te doen. Gaan Mosselbaai definitief weer besoek."
"Mooi area, maar nie veel om te doen in die nabye omgewing nie. Behalwe vir die see is daar nie veel ander buitemuurse aktiwiteite nie. "
"Ek hou baie van Mosselbaai. Die eetplekke by die punt (twee van hulle) is baie goed. Ek het by die "Carvery" langs die hotel geëet. Verskriklik lekker kos. Verlede jaar het ek die Oyster Catcher Trail gedoen en vier dae by die Blue Whale Lodge gekuier."
"Baie lekker eetplekkies so al langs die strand. Die Kaai 4 se Mosselpot is die beste ooit! Veilig en Afrikaans vier hoogty hier! "
"Die dorp is pragtig en het baie om aan te bied vir die vakansieganger. Daar is goeie restaurante en veral die toegang tot twee uitstekende gholfbane is 'n pluspunt."
"Ek sal voorstel, dat daar 'n bietjie meer dinge gereël word rondom vermaak, veral in die stil tye. 'n Mens op reis het vermaak nodig in die aand, en oor naweke."
"Mosselbaai is 'n wonderlike toeristebestemming en sal beslis aanbeveel. Die diens by die winkels in Langeberg Winkelsentrum is uit die boonste rakke; personeel is vriendelik en vreeslik behulpsaam."
"Puik vakansiebestemming, pragtige natuurskoon, see is lieflik en iets om te beleef. Sal enige tyd teruggaan Mosselbaai toe en dit vir enige iemand aanbeveel."