Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1964 resensies.
"Daar is absoluut niks negatief aan Mosselbaai nie. Ons hou al baie lank daar vakansie gehou. Die skoonheid is besonders."
"Mosselbaai is een van Suid-Afrika se skoonste en bes-bestuurde dorpe. Dis oral sigbaar en daarom was dit vir ons 'n plesier om daar vakansie te hou."
"Lekker klimaat. Naby ander toeristebestemmings. Goeie restaurante. Dorp is veilig en skoon. Interessante winkels."
"Baie om te doen. Van die poskantoor-boom wat oor die 500 jaar oud is, Ziplines, opstap-roete na die lighuis en heerlikste koffie by verskeie koffieshops."
"We love Mossel Bay and try to visit at least once a year. The climate is great and has lovely swimming beaches."
"Steeds die mooiste see van alle plekke in Suid-Afrika. Alles skoon, netjies en goed versorg."
"Met strande en pretparke wat gesluit is tydens die inperking, moet ouers meer vindingryk raak met kinders besig hou. Mosselbaai het gelukkig meer as net strand."
"Ons hou al meer as 20 jaar vakansie in Mosselbaai en vir ons is dit die perfekte vakansie bestemming."
"Pragtige dorp. Vriendelike inwoners. Baie aktiwiteite. Baie goeie en lekker vakansie bestemming. Wateraktiwiteite (motorboot, "water bike", kajak)."