Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6238 resensies.
"Barberton is 'n uitstekende toeristebestemming, net baie baie jammer dat die persone verantwoordelik vir die onderhoud en herstel van die paaie glad nie hul werk doen nie. Paaie se onderhoud is pateties."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Toegang tot die Nasionale Krugerwildtuin oor Hazyview is baie meer toeganklik as die ander ingange vanweë die bevolkingsgroei."
"Ons geniet die park vreeslik en gaan gereeld. Ons het hierdie naweek Saterdag en Sondag 4 van die Groot 5 net langs die draad van die wildtuin gesien. Ons geniet die park vreeslik."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hippo Waterfront Lodge and Camping"Behalwe dat ons onweer gehad het en dit by tye gereën het, is en bly Nelspruit 'n mooi plek om te besoek."
"Marloth Park is bos op sy beste en het die perfekte ligging vir wildtuinbesoeke. Marloth gaan ons beslis nog baie sien."
"Klaarblyklike werkers wat langs die pad oorkant die winkels rondlê en die plek bemors is 'n seer vir die oog en skep ook geleentheid vir ongewensde elemente om rond te hang. "
"Kaapsehoop is `n pragtige dorpie met baie oulike winkeltjies en restaurante. Dis heerlik om deur die dorpie te stap en nog lekkerder om die berg uit te loop en van die uitkykpunt af die laslappiewêreld daar onder te sien. Die natuurskoon, die outentieke gevoel van die dorpie, alles is net te pragtig. Nota aan self: onthou `n groot hoed en sonskerm volgende keer wanneer ons gaan stap!"
"Ek is van Sabie, daar skool gegaan en gewerk. Sabie sal altyd in my hart bly as een van ons land se mooiste bestemmings."
"Sekere van die paaie baie moeilik om op te ry. Rustige omgewing. Lekker plek om te ontspan, goeie ontvlugting van stad se gejaag. "
"Baie dankie. Sal beslis weer gebruik maak. Dankie vir vriendelike eienaars."
"Daar is 'n groot verskeidenheid winkels in die dorp. Jy sal definitief kry waarvoor jy soek. Vriendelike mense in die dorp. Pad na Ermelo is beeldskoon om groen vlaktes te besigtig."
White River Country Estate, Mpumalanga
Pinehurst Place"Dit wil voorkom dat dit baie veilig is en is 'n mooi landgoed."
"Die dorp Hazyview is, maar soos enige ander pattelandse plek. Die Hazyview omgewing is baie besonders en divers."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Mountainview Guesthouse"We had a great time at Sudwala Caves and fish spa."