Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6002 resensies.
"Sabie is 'n pragtige klein dorpie, maar het baie agteruit gegaan. Die Sabiewaterval is besoedel en ruik onaangenaam. Ons was baie teleurgesteld."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Lizard Rock"Ons het ook gedurende die fees die Laeveld Botaniese Tuin besoek. Dit was mooi en 'n besoek werd."
"Marloth vir ons is 'n bekostigbare alternatief om naby die wildtuin te wees. Dit is basies die redes waarom ons op Marloth besluit wanneer ons daardie kant toe wil gaan."
"Verwag lang toue by die Wildtuin se toegangshekke gedurende veral langnaweke en skoolvakansies, wanneer die toegelate kwota dagbesoekers beperk word. Dit is raadsaam om vooraf 'n dagbesoekerbespreking uit te neem vir die dae wat jy die wildtuin wil besoek."
"Nelspruit is 'n pragtige dorp tussen heuwels. Nie so seker ek wil daar vakansie hou nie, maar perfekte oorstop op reis vanaf Mozambique."
"Ietwat teleurgesteld in die toestand van die dorp Hazyview. Het onveilig in die dorp gevoel en die dorp is verwaarloos!"
"Dullstroom is pragtig en daar is baie wonderlike plekke waar 'n mens kan tuisgaan."
"Hazyview was maar nog altyd 'n baie mooi plek, veral in die winter met die mis en die area naby die wildtuin."
"Sal nie Piet Retief beskryf as 'n toeristebestemming nie, maar eerder as 'n oornagopsie vir enige verdere reisplanne na die Natal se Noordkus en omliggende areas. "
"Aangename klimaat en sentraal geleë om al die besienswaardighede te besoek. "
"Marloth Park beskik oor basiese winkels soos 2 slaghuise, 'n tuisnywerheid, restaurante, winkeltjies wat aan die basiese en noodsaaklike behoeftes voorsien."
"Hoop en glo dat al daai winkeltjies weer eendag sal oopmaak, maar Sabie bly tops vir my."
"Ek is mal oor die area, wens ek kon altyd daar bly, rustig stil, maar naby die dorp, pragtige skoon strate, mooi plantegroei, baie bome, love it!"
"Heerlike weer. Stil en rustige atmosfeer in die bosveld tussen wildediere en die natuur. Dit is beslis 'n plek waar ek sal gaan aftree."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
HPTwelve Accommodation"Die flieks wat by die Mall gaan kom sal regtig 'n ekstra ster werd wees. Dit was n fees om in strate sonder slaggate te ry en stap, en strate en wraggies straatnaambordjies gehad. 10/10 daarvoor. Bedelaars en karwagte was die minimum. Ons het Innibos vertonings by 'n paar venues bygewoon, maar ongelukkig was die Stadskouburg se toilette die swakste. Oor die algemeen effe vuil, maar die slegste was deure sonder slotte, geen droeërs of handdoekpapier vir jou hande. Dis nogal grillerig. "