Geverifieerde Resensie

Mpumalanga

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6002 resensies.

Marlothpark, Mpumalanga

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Lief Marloth en kuier gereeld daar!"

Badplaas, Mpumalanga

Mountain View Retreat

"Good place. People there are helpful. The map e-mailed to us were helpful."

Graskop, Mpumalanga

Blue Swallow Chalets

"Graskop is baie sentraal in die Laeveld geleë in die middel van die Laeveld Panorama. "

Marlothpark, Mpumalanga

Meerkatgat 3341 Seekoei Road

"Baie mooi en aangename plek. Te veel voetgangers in die dag en daarmee bedoel ek nie vakansiegangers nie, bederf die atmosfeer so ietwat."

Marlothpark, Mpumalanga

Doringpoort: Soetdoring 1622-B Self-catering Moddervis

"Sou graag 'n kaart van die uitleg van Marloth Park wou hê. Straatname ontbreek of is onduidelik - maak dit moeilik om plekke te vind."

Marlothpark, Mpumalanga

Magani Ridge

"Pragtige plek, maar mens moet maar seker maak alles is gesluit as jy uitgaan."

Marlothpark, Mpumalanga

Big Tuskers Bush Camp

"Lekker rustig en baie naby die natuur. Mal daaroor."

Dullstroom, Mpumalanga

Anglers Court

"Dullstroom is 'n ideale bestemming vir reisigers van Gauteng vir 'n naweekwegbreek. "

Marlothpark, Mpumalanga

Fever Tree

"Dis 'n heerlike vakansieplek en ons as familie het baie herinneringe daar. Dit is besig om baie uit te brei en al hoe meer huise maak dat die bos-gevoel 'n bietjie begin kwyn, maar daar is nog baie wild en die feit dat die Kruger Wildtuin direk langsaan is en mens ure lank kan sit en uitkyk oor die Krokodilrivier en lekker ver kan gaan stap, maak dit absoluut die moeite werd."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Panorama Guest Farm

"Warm genoeg in die winter vir wegbreek van die winter."

Marlothpark, Mpumalanga

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Wonderlike stukkie aarde in ons land! Sal enige tyd so 'n stukkie aarde my eie wil maak."

Marlothpark, Mpumalanga

Fever Tree

"Ons besoek Marloth Park gemiddeld 2 maal per jaar."

Dullstroom, Mpumalanga

Jock's Cottages

"Die weeksdag, hoewel dit in die vakansie was, was baie stil. Daar was net twee restaurante oop die aand wat ons kon sien. Maar dit is 'n pragtige, rustige dorpie. Baie vriendelike mense."

Hazyview, Mpumalanga

Sabaan Guest Farm

"Die Checkers is amper op Woolies standard, baie goed gewees. Ek het my Venter sleepwa perongeluk oop vergeet, na 2 ure se inkopies was alles nog net so in die sleepwa, ons was verras (en dankbaar). My dogter het haar donkerbril in 'n winkel verlê en dit wraggies die volgende dag weer daar terug gekry. Uitstekend!"

Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga

Elephant Walk Retreat

"Ons was so teleurgestel in die houding van die personeel van die park oor die algemeen, veral by die Kruger Hek. Ons het ook besef dat die Safari voertuie wat die toeriste op 'n oprit neem werklik moet let dat hulle nie ure by een punt kan staan nie, gee almal 'n kans om te sien wat daar te sien is en die verkeer hoop so op dat dit later tot een verkeersopeenhoping lei."

Marlothpark, Mpumalanga

Kudu Lodge

"They do scare you a bit with their safety briefing but we felt perfectly safe and was nice to know that security was driving around."

Hazyview, Mpumalanga

Kruger Whispering Waters

"Baie sentraal geleë in 'n pragtige deel van ons land. "

Marlothpark, Mpumalanga

Wildsbokkie Holiday Home

"Marloth bly altyd 'n wenner as jy lief is vir die Laeveld se fauna en flora."

Sabie, Mpumalanga

Dublin Guest Lodge

"Pragtige dorpie. Sal graag weer daar besoek aflê."

Dullstroom, Mpumalanga

Field and Stream

"Lieflike dorpie, pragtige kuns en koesterkos."

Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga

Sabie River Bush Lodge

"Adventurous and interesting. I love what I saw."

Marlothpark, Mpumalanga

Kudu Lodge

"Lekker naby die Wildtuin geleë."

Marlothpark, Mpumalanga

Live-A-Little

"Geen dokter beskikbaar as jy siek word nie. Moet na Komatipoort ry daarvoor."

Marlothpark, Mpumalanga

Vuurvliegie en Sonbesie

"Sommige paaie is nie heeltemal toeganklik vir 'n gewone motor nie. Verder het ons heel veilig en rustig gevoel. ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige natuur liefhebber. Dis so lekker om die diere om jou te sien."

Dullstroom, Mpumalanga

Van de Poll Huis

"Pragtige dorpie. Het die karakter van die vorige eeu. Lekker eetplekke."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Rock View Lodge

"Nelspruit het baie toeristeplekke om te besoek en die omgewing en klimaat is baie lekker!"

Graskop, Mpumalanga

Blue Swallow Chalets

"Die dorpie self is nie ongelooflik nie, maar is naby alles. God's Window, Lisbon Falls, Berlin Falls, Mac Mac Falls en 'pools', dagroetes, Pelgrimsrus, Hazyview (waar 'n mens 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite kan doen - tours and travel en oulike winkels), Bourke's Luck Potholes (ongelooflike ervaring) en ook binne 'n uur en 'n half van Hoedspruit en die Kruger."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Panorama Guest Farm

"Lieflike dorp, baie skoon, paaie in goeie toestand. Verblyf egter buitensporig duur in baie gevalle. Gastehuise behoort meer "upmarket" akkommodasie te bied vir eienaars met troeteldiere, bv. skoon en warm "kennels| waar diere veilig is as eienaars vir 'n dag wildtuin toe wil gaan."

Graskop, Mpumalanga

Wild Forest Inn

"Graskop is die ideale plek om al die mooi watervalle en natuurtonele soos God's Window te besoek. "

Blad
Blad 169 - Wys 5041 tot 5070
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang