Geverifieerde Resensie

Mpumalanga

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6002 resensies.

Sabie, Mpumalanga

Merry Pebbles Resort

"Sabie is 'n pragtige klein dorpie, maar het baie agteruit gegaan. Die Sabiewaterval is besoedel en ruik onaangenaam. Ons was baie teleurgesteld."

Witrivier, Mpumalanga

Klipkopje Guest Cottage

"Netjies en naby alles wat nodig is."

West Acres, Mpumalanga

Dome Home Accommodation

"Naby eetplekke en naby die N4 - baie geskik."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

Lizard Rock

"Ons het ook gedurende die fees die Laeveld Botaniese Tuin besoek. Dit was mooi en 'n besoek werd."

Marlothpark, Mpumalanga

Oribi Cottage

"Marloth vir ons is 'n bekostigbare alternatief om naby die wildtuin te wees. Dit is basies die redes waarom ons op Marloth besluit wanneer ons daardie kant toe wil gaan."

Marlothpark, Mpumalanga

South Post at Kruger

"Verwag lang toue by die Wildtuin se toegangshekke gedurende veral langnaweke en skoolvakansies, wanneer die toegelate kwota dagbesoekers beperk word. Dit is raadsaam om vooraf 'n dagbesoekerbespreking uit te neem vir die dae wat jy die wildtuin wil besoek."

Sonheuwel, Mpumalanga

9 on Juanita

"Lekker stil area en naby winkelsentrum."

Sonheuwel, Mpumalanga

Amigo's Bed & Breakfast

"Nelspruit is 'n pragtige dorp tussen heuwels. Nie so seker ek wil daar vakansie hou nie, maar perfekte oorstop op reis vanaf Mozambique."

Hazyview, Mpumalanga

Kruger Park Lodge

"Ietwat teleurgesteld in die toestand van die dorp Hazyview. Het onveilig in die dorp gevoel en die dorp is verwaarloos!"

Hazyview, Mpumalanga

Thulamela Bed and Breakfast

"Dit voel soos 'n ander land, pragtige plek."

Witbank, Mpumalanga

Ledumo Lodge

"Pragtige en netjiese dorp, maar baie besig vir ons plaasjapies."

Dullstroom, Mpumalanga

Critchley Hackle Lodge - Managers Cottage

"Dullstroom is pragtig en daar is baie wonderlike plekke waar 'n mens kan tuisgaan."

Hazyview, Mpumalanga

Nabana Lodge

"Hazyview was maar nog altyd 'n baie mooi plek, veral in die winter met die mis en die area naby die wildtuin."

Piet Retief, Mpumalanga

Sundowner Lodge

"Sal nie Piet Retief beskryf as 'n toeristebestemming nie, maar eerder as 'n oornagopsie vir enige verdere reisplanne na die Natal se Noordkus en omliggende areas. "

Hazyview, Mpumalanga

Thulamela Bed and Breakfast

"Aangename klimaat en sentraal geleë om al die besienswaardighede te besoek. "

Marlothpark, Mpumalanga

Marloth Getaway

"Marloth Park beskik oor basiese winkels soos 2 slaghuise, 'n tuisnywerheid, restaurante, winkeltjies wat aan die basiese en noodsaaklike behoeftes voorsien."

Sabie, Mpumalanga

Sabie Star Chalets

"Hoop en glo dat al daai winkeltjies weer eendag sal oopmaak, maar Sabie bly tops vir my."

Sonheuwel, Mpumalanga

Amigo's Bed & Breakfast

"Ek is mal oor die area, wens ek kon altyd daar bly, rustig stil, maar naby die dorp, pragtige skoon strate, mooi plantegroei, baie bome, love it!"

Marlothpark, Mpumalanga

Foxy Crocodile Bush Lodge and Kruger Safari's

"Heerlike weer. Stil en rustige atmosfeer in die bosveld tussen wildediere en die natuur. Dit is beslis 'n plek waar ek sal gaan aftree."

Marlothpark, Mpumalanga

2694 Swartwitpens

"Veiligheid van inwoners moet na gekyk word."

Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga

HPTwelve Accommodation

"Die flieks wat by die Mall gaan kom sal regtig 'n ekstra ster werd wees. Dit was n fees om in strate sonder slaggate te ry en stap, en strate en wraggies straatnaambordjies gehad. 10/10 daarvoor. Bedelaars en karwagte was die minimum. Ons het Innibos vertonings by 'n paar venues bygewoon, maar ongelukkig was die Stadskouburg se toilette die swakste. Oor die algemeen effe vuil, maar die slegste was deure sonder slotte, geen droeërs of handdoekpapier vir jou hande. Dis nogal grillerig. "

Marlothpark, Mpumalanga

Vuurvliegie en Sonbesie

"Dit is ons huis weg van die huis af."

Kaapsehoop, Mpumalanga

Kattekwaad Accommodation

"Miskien moet die bestuur dalk oorweeg om net die paaie op te knap."

Blad
Blad 170 - Wys 5071 tot 5100
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang