Resensies van Nieu-Bethesda

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.55 uit 5 gekry volgens 387 resensies.
Kevin M. - 5th July 2017
staying in Nieu-Bethesda
Geen teerpaaie, geen straatligte! Moenie 'n stad verwag nie, dis rustig met geen gejaag of lawaai nie. Dis dié dorp waar mens weer met jouself kan vriende word!
Sanel D. - 28th June 2017
staying in Nieu-Bethesda
Die dorpie is pragtig en ek respekteer die inwoners vir hulle waagmoed om daar te bly. Die dorpie het vir seker baie uitdagings. Dankie aan die inwoners en besighede dat julle dit vir ons so lekker maak om Nieu-Bethesda toe te gaan.
Ilse J. - 15th May 2017
staying in Nieu-Bethesda
Soos ons almal weet is Uilhuis 'n moet!. Die dorpie kan nie net in eendag ten volle beleef word nie. Gee jouself meer tyd om die besondere plek te verken met al sy restaurante en mooi natuur!
Dave V. - 5th May 2017
staying in Nieu-Bethesda
Die Tot Hier Toe Padstal net buite die dorp is 'n fantastiese stop om kos en ander dinge soos konfyt, blatjang, wors en aandenkings te koop. Die padstal dra by tot die plaas-gevoel van Nieu Beteshda. Nieu Beteshda is hemel op aarde.
Shirley S. - 4th May 2017
staying in Nieu-Bethesda
Baie om te doen vir so klein plekkie.
Hanlie L. - 20th April 2017
staying in Nieu-Bethesda
Dit is 'n lieflike dorpie en verdien 'n besoek. Die Uilhuis en fossiele is 'n moet.
Bevan J. - 13th April 2017
staying in Nieu-Bethesda
Baie oulike dorp, dit is n moet sien vir enige Suid Afrikaner.
Johannes . - 12th April 2017
staying in Nieu-Bethesda
Besonder uitsonderlike toeristebestemming.
Charmain V. - 7th April 2017
staying in Nieu-Bethesda
Die dorp self is pragtig en rustig, sal weer soontoe, maar by ander plek bly.
Alexa D. - 3rd April 2017
staying in Nieu-Bethesda
Baie mooi dorp met interessante huise.
Pieter D. - 27th March 2017
staying in Nieu-Bethesda
.
Trudy A. - 20th March 2017
staying in Nieu-Bethesda
A charming Karoo town.
Elize D. - 18th March 2017
staying in Nieu-Bethesda
Was 'n goeie ervaring en baie insiggewend.
Annette B. - 8th March 2017
staying in Nieu-Bethesda
By Nieu-Bethesda het die lewe gaan stilstaan en ons het elke oomblik geniet. Die sterre was ongelooflik helder. Sal weer gaan kuier wanneer ek kan.
Dalene H. - 6th March 2017
staying in Nieu-Bethesda
Nieu Bethesda het net 'n bekoring vir ons. Het spesiaal soontoe gery. Die pad is 'n bietjie sleg, maar die plek is afgeleë en mooi. By die kaasplaas/bierbrouery was dit 'n teleurstelling, want niks was beskikbaar nie, maar ek sal weer terugaan soontoe.
Leonard E. - 27th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
So 'n rustige en interessante dorpie met lekker eetplekke. Moes my vrou en dogters in toom hou, anders het hulle al wat 'n lekkerny is in die dorp gekoop.
Gwen-marie C. - 26th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Uilehuis is ongelooflik! 'n Moet sien!
Willem N. - 19th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Mens behoort 'n dag hier deur te bring om alles te sien, want 'n oorslaap was nie voldoende nie. Dit help dat daar nou 'n teerpad na die dorp vanaf Graaff-Reinet se kant is, maar dit gaan my verstand te bowe waarom dit skielik ophou 'n hele ent buite die dorp!
Christel L. - 19th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Ons hou van die stilte en die klein gemeenskap. Die Uilhuis was baie interressant en die restaurantjie en kroegie wat ons besoek het was baie oulik ingerig met mooi dekor. In hierdie dorpie kan 'n mens kom rus en onttrek van die samelewing en net weer jouself vind. Hier wil ek vir 'n maand kom bly!
Anisje V. - 17th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Maak seker jy het genoeg kontant en petrol - daar is geen ATM, byna geen kaartmasjiene nie en die naaste vulstasie is ongeveeer 60 km daarvan af.
Fritz S. - 15th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
It's different but nothing special. If you have seen it once it's enough.
Marius En Daleen G. - 13th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Nie vir almal nie, maar as natuur- en kunsliefhebbers het ons dit geniet.
Carl B. - 12th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Oulike klein dorpie!
Gareth M. - 12th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Fascinating town with a yesteryear feel. Our host recommended we have dinner at the Post Office which was a surreal experience and the best meal I had in 2 weeks!
Jana V. - 11th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige dorpie, maar tekort aan bankfasiliteite!
Irmgard M. - 11th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
It's a big sky country, a place of quiet and natural beauty. What a lovely escape Nieu-Bethesda is!
André N. - 11th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
One crazy eccentric town. A must see for the art enthusiast.
Willem O. - 11th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Sal weer teruggaan. Dit was 'n wonderlike ervaring.
Maria T. - 8th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense.
Enid K. - 8th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien.
Hennie S. - 5th January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet.
Kevin M. - 2nd January 2017
staying in Nieu-Bethesda
Geen teerpaaie of straatligte, soos in die 1950's.
Alta L. - 28th December 2016
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!
Marius En Daleen G. - 27th December 2016
staying in Nieu-Bethesda
Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is.
Gerhard B. - 23rd December 2016
staying in Nieu-Bethesda
Bekoorlik!
Johan H. - 23rd December 2016
staying in Nieu-Bethesda
Definitief die moeite werd om so klein draaitjie vanaf die groot pad te ry en die ou dorp, sy kerk, koffie en oudhede en winkels te gaan kyk, en dan natuurlik die Uilhuis met al die pragtige kleure en glas.
Corlene J. - 21st December 2016
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige historiese dorpie.
Denise V. - 20th December 2016
staying in Nieu-Bethesda
Dis 'n 'moet stop' vir enige persoon wat van kreatiewe energie hou in 'n omgewing waar tyd nog bietjie stil staan.
Riaan D. - 14th December 2016
staying in Nieu-Bethesda
Wonderlike dorpie! Nog altyd net verby gejaag op pad see toe en gesê: "Eendag sal ons indraai..." Dit was uit-en-uit die moeite werd! Uilhuis is uiters interresant en fassinerend. Die fossieltoer was 'n "bucket-list"-ervaring!
Peter P. - 1st December 2016
staying in Nieu-Bethesda
A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za