Resensies van Nieu-Bethesda

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.55 uit 5 gekry volgens 387 resensies.
Skye E. - 11th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Enige iemand wat daar verby ry en in 'n ander dorp oorslaap op pad kus toe is mal! Doen jousself die grootste guns en gaan besoek die dorpie! Dit was ons tweede besoek en ons ry 'n langer pad om net om daar oor te bly. Dit is baie veilig en pragtig. Maak seker om 'n geselsie met ou Fielies aan te knoop wat sy goedere oorkant die Uilhuis verkoop. Besoek die Uilhuis, dis eery, maar 'n belewenis.
Albert S. - 11th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Geniet dit verskriklik daar.
Esmare W. - 8th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda behoort op elke Suid-Afrikaner se reisprogram te wees! Wonderlike klein dorpie in 'n lieflike deel van ons land.
Jan P. - 7th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Awesome plek, rus vir die siel.
Susan W. - 4th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige plek was al 2 keer voorheen daar en sal definitief weer Nieu-Bethesda besoek.
Kevin M. - 4th January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Moenie daar gaan as jy Hillbrow geniet nie, dis 'n plek om jou batterye te herlaai! Die dorp is baie lekker vir kuier met mense en om te stap waarheen jy wil gaan. Die stofpaaie en leikanale gee dit daai historiese gevoel.
Esbè U. - 3rd January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Fossieltoer is skitterend.
Roelene V. - 1st January 2016
staying in Nieu-Bethesda
Ek is verlief op die dorp.
Christo V. - 31st December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Maak asb. die aanbevole roete na die plek meer duidelik. Ons GPS het ons met 'n ompad deur boere se plase geneem en is die pad nie geskik vir normale voertuie nie. Met die terugkeer het ons ontdek daar is 'n beter pad wat byna heeltemal geteer is maar die afdraai is heelwat noord van Graaff Reinet.
Mardene V. - 31st December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Dis die plek naaste aan die hemel self en praat met jou siel! Elke keer die moeite werd om daar te stop - dis my alles!
Helen F. - 29th December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Die hoogtepunt van ons 8 dae lange toer.
Sally B. - 21st December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Vriendelike gemeenskap. Baie interessant. Maak net seker jy vat hout, vleis en ys saam anders kan jy by een van die restaurante eet. Die Brewery met lewendige musiek was baie aangenaam en aandete by die restaurant op die dorpie was heerlik. Ons het meer gekry as wat ons verwag het. Sit die een beslis op jou 'bucket list'.
Pieter K. - 19th December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Mens kan maklik 2/3 dae hier deurbring.
Prof Wannie C. - 17th December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Heerlik stil!
Gawie W. - 17th December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Die Uilhuis bly altyd 'n besondere plek.
Appie P. - 17th December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Baie mooi!
Claudia V. - 15th December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is 'n eksentrieke dorpie met baie om te sien, as jy bereid is om daarvoor te soek. Ek dink nie iemand wat hou van adrenalien-gedrewe aktiwiteite op 'n vakansie sal dit so baie geniet nie, maar as jy 'n waardering het vir eienaardighede en dorpies wat in 'n middag plat gestap kan word, kan jy gerus 'n draai maak in Nieu-Bethesda.
Pieter F. - 10th December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Skilderagtig en ryk aan geskiedenis.
Tes J. - 4th December 2015
staying in Nieu-Bethesda
Lekker dorpie om in rond te loop en spesiale geskenkies en aandenkings te koop. 'n Mens het tyd nodig om alles te ontdek en geniet.
Laurel H. - 17th November 2015
staying in Nieu-Bethesda
Absolutely loved the town. It has a lovely charm and we so enjoyed the country side and fresh air. We loved the journey to Nieu-Bethesda as the views are lovely. We only spent one night so are sorry we didn't have more time to explore all the little shops and places to eat. We were fascinated with the Owl House and saddened by the story of Helen!
Hennie O. - 11th November 2015
staying in Nieu-Bethesda
Dis 'n unieke plekkie wat oor en oor die moeite werd is om te besoek - hier het die tyd stilgestaan. Geen teerstrate, geen straatlampe! Sluit dit gerus by jou reisplan in en bly minstens twee aande oor...
Retha B. - 26th October 2015
staying in Nieu-Bethesda
Die plek is 'n MOET om te besoek.
Johanna M. - 12th October 2015
staying in Nieu-Bethesda
Dit was 'n aangename ervaring.
Freddie J. - 25th September 2015
staying in Nieu-Bethesda
Die Uilhuis van Helen Martins is natuurlik die hoogtepunt, maar daar is ook n ander plekkies om te besoek. Los die kar en verken die stof strate sommer te voet.
Ronell V. - 6th September 2015
staying in Nieu-Bethesda
Baie interessante plekkie.
Eunice B. - 18th August 2015
staying in Nieu-Bethesda
Die hele dorp is epies. Daar is baie om te doen en te sien en te proe en te leer!
Stefan B. - 17th August 2015
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is puik!
Stefan B. - 17th August 2015
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda bly 'n gunsteling. Altyd.
Louise H. - 15th August 2015
staying in Nieu-Bethesda
Lovely place for a break but the summer must be better and not so dry. Would recommend Nieu-Bethesda for a wedding with Jacques at Waenhuis - such a pleasure and he is so helpful and professional.
I V. - 23rd July 2015
staying in Nieu-Bethesda
Baie interessant en beveel aan om verseker ten minste een keer in jou lewe een nag oor te bly.
Ann W. - 22nd July 2015
staying in Nieu-Bethesda
As jy in die winter in daardie rigting gaan onthou dit is regtig koud. Dit is 'n interessante dorpie en om elke hoek is daar iets anders van keramiek werk tot 'n brouery wat koffie ook maak vir koue reisigers.
Ilse P. - 22nd July 2015
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is nie 'n deur-ry dorpie nie. Dit is 'n klein juweel wat ten minste 2 aande se verblyf regverdig en selfs dan is dit te min tyd. Verwag die minste en word dan ryklik bekoor deur die natuur, onthaal deur die "insiders" en verstom deur die rustigheid wat jou oorval.
Johan G. - 14th July 2015
staying in Nieu-Bethesda
Dit was 'n sielsverrykende ervaring en ek sal weer en weer gaan. Eintlik wil ek nie die plek te veel prys nie, maar dis selfsugtig omdat ek bloot wil verhoed dat die wêreld daarop toesak.
Erika S. - 14th July 2015
staying in Nieu-Bethesda
Mal oor die dorp, wil daar gaan bly!
Frans O. - 13th July 2015
staying in Nieu-Bethesda
Baie mooi plekkie, sou langer kon vertoef.
Viljoen V. - 12th July 2015
staying in Nieu-Bethesda
'n Goed bewaarde geheim.
Annelene K. - 7th July 2015
staying in Nieu-Bethesda
Ons kinders was op kriekettoer en het by die backpackers reg langsaan geslaap. Baie goeie akkommodasie.
Liezel S. - 6th July 2015
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is 'n pragtige plekkie met besondere geskiedenis. 'n Belewenis en verseker 'n moet sien! Sal enige tyd weer daar draai.
Noleen G. - 5th July 2015
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige plekkie, The Brewery het die lekkerste kaas "platter", nogals baie klein winkeltjies wat so ietsie van alles het. Die Uilhuis was baie interessant. Ons het die omgewing geniet.
Archibald N. - 19th June 2015
staying in Nieu-Bethesda
Nieu- Bethesda word nie vir jou gegee op 'n skinkbord nie - jy moet soek en grou om regtig die mense en die energie te ervaar. Daar is beslis meer as net die Uilhuis. Gaan en ontdek.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za