Resensies van Nieu-Bethesda

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.55 uit 5 gekry volgens 387 resensies.
Linda S. - 27th March 2020
staying in Nieu-Bethesda
Baie mooi dorpie in die middel van nêrens. Moeite werd om daarlangs te ry.
Johan K. - 21st March 2020
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige rustige dorpie!
Deon S. - 21st March 2020
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda was op my emmerskop-lysie en is so dankbaar dat ek alles daar kon ervaar. 'n Rustige dorpie sonder om vervelig te wees!! En skoon en goed versorgde geriewe.
Jan N. - 18th March 2020
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is die moeite werd om voor af te draai en 'n paar uur te kuier. Daar is goeie restaurante, bierbrouery en die Uilhuis- en Fosiel-museum is iets besonders.
Marius M. - 17th March 2020
staying in Nieu-Bethesda
Ek sal dit weer besoek. Baie om te sien.
Anton O. - 10th March 2020
staying in Nieu-Bethesda
'n Unieke plek met vriendelike mense wat altyd bereid is om te help en te gesels. Definitief een van my gunsteling-kuierplekke.
Heinrich S. - 2nd March 2020
staying in Nieu-Bethesda
Small town, filled with friendly people. Small town charm, worth the visit.
Bonni M. - 28th February 2020
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige, unieke kunsdorp, beeldskone natuur, rustige omgewing met vriendelike mense. Baie meer om te sien en doen as wat ons verwag het. Volgende keer bly ons langer.
Angelique V. - 25th February 2020
staying in Nieu-Bethesda
I love the remoteness of the town. The Locals were friendly and happy to receive me. Highlights for me were: delicious meals at the Waenhuis, a ride on Jacob's donkey cart, casually strolling up and down the gravel roads finding quirky Art studios and honesty shops along the way, an inward journey through The Owl house and Nieu Bethesda Cement Art workshop presented by Randal, an informal trader.
Hennie E. - 22nd February 2020
staying in Nieu-Bethesda
Baie rustige en natuurskone omgewing met vriendelike mense.
Croonie K. - 18th February 2020
staying in Nieu-Bethesda
My voorouers se woongebied. Die Kitchings het die fossiele daar ontdek op die Nieu-Bethesda road. My oupa was die padmaker en my pa, Laurence, het saam met hom gegaan en toe die klippie opgetel. Die res is geskiedenis.
Hermien P. - 28th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige, rustige dorpie. Die pad tussen Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda is skilderagtig, veral met sononder.
Mariana B. - 21st January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Beste plek om by Doornberg te slaap omdat dit so naby is van die dorpie af!
Arina J. - 18th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige dorpie in die Karoo. Definitief een van my gunsteling plekke om te besoek. Mens kan gerus meer tyd in die dorpie deurbring om die saligheid van die Karoo te beleef.
Deon S. - 17th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Fascinating town. I would love to go back and do the tours.
Maretha V. - 14th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Wil nou net oppak en daar gaan bly. Hele gesin het dit baie geniet.
Schalk M. - 14th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Juweel in die Karoo.
Thea-marie D. - 13th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Dit is ons down-to-earth hartsplek!
Mari F. - 13th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Gaan beslis weer daar kuier.
Jacobus Petrus H. - 12th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Wonderlike ouwêreldse dorpie. Ons het aan die Lanternfees deelgeneem en in die aanddeur die dorp gestap. Hoogtepunte was die Uilhuis en die fossielmuseum wat wêreldklas is.
Wilna L. - 12th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Everyone should just go!
Chris V. - 12th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Baie om te doen en sien vir so klein dorpie.
Ann W. - 12th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Ek wil Nieu-Bethesda net vir myself hou. Dit is te goed om te deel.
Vicky P. - 12th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Niks nie, net ver van die hoofpad af.
Michael B. - 10th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Will go back there.
Dawid K. - 10th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda was 'n aangename verrassing. Ons kan die boekwinkel en deli wat ons besoek het, beslis aanbeveel. Ons sal weer hier kom kuier.
Marius V. - 8th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Baie lekker stil en rustig.
Judith H. - 7th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Dit was 'n wonderlike ervaring! Mooi dorpie en het absoluut heerlik gebly.
Johannes P. - 7th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Besonderse dorpie.
Guy A. - 6th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Great overnight stop.
Lichélle R. - 6th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Baie unieke en interessante dorpie. Ons seun van 10 jaar het die fossiele baie geniet. Ek het al voorheen die Uilhuis besoek wat 'n ervaring op sy eie is. Ons het 'n heerlike, rustige middag onder die koeltebome van The Brewery geniet, die kaasbord en bier was absoluut heerlik, vir seker 'n hoogtepunt!
Pieter R. - 6th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Dor en droog vir nou - lyk my Des en Jan is die warmste maande, so dit kan warm raak in dié tydperk! Interessante plekke om te besoek, veral vir die wat belangstel in fossiele en hulle geskiedenis! As jy van alles wil wegkom en sterrekyk, is dit die plek! Koop 'n uiltjie by die Uilhuis, ry op 'n donkiekar, en gaan kyk na die mooi kerk as jy net daar oornag op pad see toe of huis toe, anders verken die area 'n bietjie langer saam met Graaff-Reinet en omgewing.
Alistair B. - 6th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Quirky and quaint little town in the Karoo. Worth a visit if you are in the area.
Linda R. - 6th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Hartsplek - die perfekte plek om te gaan siel skoonmaak.
Luanne O. - 4th January 2020
staying in Nieu-Bethesda
Meer mense behoort dit te besoek as toeristebestemming.
Bronwyn O. - 29th December 2019
staying in Nieu-Bethesda
Interesting historical town.
Danél V. - 29th December 2019
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige klein oase in die asemrowende droë Karoo.
Maryann M. - 23rd December 2019
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda makes you feel like you have escaped from modern life for a while.
Helenus K. - 23rd December 2019
staying in Nieu-Bethesda
‘n Besoek aan die karaktervolle dorpie behoort op almal se emmerskoplys te wees. Bly ‘n paar dae, die rustigheid en stilte is verslawend. Hier is nie brandstof of kitsbanke nie, maar die winkel hou voorraad van meer as net die basiese waarmee jy sal klaarkom as jy niks saamgebring het nie: gevriesde vleis, blikkieskos, meel, rys, vars vrugte en groente (beperk), vars melk, kaas, botter, koekies, roomys, lekkergoed, gebottelde water, ys, toiletware en skoonmaakmiddels, om net ‘n paar te noem.
Kogila T. - 22nd December 2019
staying in Nieu-Bethesda
Quaint little place worth stopping at.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za