Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Die inligtingskantoor was hopeloos. 'n Ander besoeker het ons van die sneeu in Leliefontein gesê en nie die person by die inligting nie, alhoewel ons daar in was."
"Goeie eetplek (Tauren Steakhouse) en baie groot winkels het dit vir ons 'n lekker plek gemaak."
"Alhoewel McDougalls teenaan Port Nolloth-dorp is, was daar vir ons definitief 'n skoner en gemakliker atmosfeer in McDougallsbaai. Ook veiliger gevoel in McDougalls."
"Calvinia is bekend vir sy goeie skaapvleis. Indien jy Calvinia besoek, moet jy 'n skaaptjoppie nuttig."
"Dis nie veel van 'n toeristebestemming nie, maar meer 'n oornag en deurgang vir reisigers."
"Dit is die moeite werd om dit 'n bestemming te maak op jy reis deur Noord-Kaap. Die mense is oral baie vriendelik en die natuurskoon is ongelooflik."
"Die dorp het baie agteruit gegaan. Ons het 30 jaar terug daar gebly, maar dis maar die geval met al die plattelandse plekkies."
"Plattelandse dorp wat lockdown groot invloed op gehad het, maar tog mooi dorp."
"Heerlike vroegoggend stap met vriendelike Karoo-mense en die varsgebakte brood het ons die oggend bederf."
"Dis 'n pragtige plek met fantastiese mense. Die windpompmuseum was 'n belewenis!"
"Baie oulike plekkie, daar is tekort aan keuse van restaurante. Wimpy maak 3 uur toe."
"Pragtige, mooi, skoon dorp met die ongelooflike mooi natuurskoon, veral gedurende blommetyd."
"Rietpoort is 18 km uit die dorpie, Britstown bied nie veel nie, maar is halfpad tussen JHB en Langebaan op die N12."
"Upington het uitgebrei en 'n besige dorp geword. Die toeris kan meer as 'n dag daar spandeer en 'n verskeidenheid plekke sien en goed doen. 'n Skoon omgewing wat 'n goeie indruk maak."