Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.
"This depends on what your interests are. In flower time the area around Nieuwoudtville is fabulous. Other times of the year it is barren. The Kgalagadi Park is a major all year round attraction. Again the area on the banks of the Orange River are fertile and green and one can stay there enjoyably."
"In die Noord-Kaap ry jy van plek tot plek, waardeer die omgewing, sluit af van die wêreld en doen nie besigheid nie. "
"As jy lief is vir die buitelewe en eenvoud is die Noord-Kaap beslis die plek vir jou!"
"Namakwaland is 'n buitengewoon besonderse deel van Suidelike Afrika. Gesamentlik met die Oranjerivierstelsel en die Richtersveld bied dit een van die skouspelagtigste omgewings met unieke plantegroei in die wêreld. Maar paai kan rof wees en die gemiddelde motor kan slegs op die hoofroetes gebruik word."
"Maak seker van die toestand van die grondpaaie voordat jy ry. Kyk ook wat is in die omgewing om te doen en praat met die mense wat daar bly - hulle sal jou gou vertel waar om besienswaardighede gaan kyk."
"Baie teleurstellend gewees. Die historiese begraafplase is so verwaarloos dat ons dit glad nie kon besoek nie. Die aanwysingsborde is almal tot niet. Die Oppenheimer Tuine en Diggers Memorial is so verwaarloos en vuil dan niemand daar wil kom nie. Alles anders was toe of verniel. Kimberley en omliggende omgewing is uiters teleurstellend, vuil en vervalle."
"Noord Kaap mense sal jy ver gaan soek. Hulle is altyd vriendelik en laat jou tuis voel. Mag julle geseën word."
"Vir so lank as wat ek lewe, hou die Karoovlaktes nog altyd vir my 'n groot bekoring in. Jasfontein met sy gasvryheid is perfek geleë om daardie tipe van liefde uit te leef."
"Eerste keer in die Noord-Kaap en sal voorwaar nog duisend keer besoek! "