Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7895 reviews.
"Beslis 'n mooi gedeelte aan die Suidpunt van Afrika. Nog baie ongerep, as jy hou van die Afrika idee."
"Port Nolloth het baie toerisme-potensiaal maar ongelukkig raak dit baie vervalle en is besoedeling 'n groot probleem. Die toilette by die openbare strand en groot dele van die walkway is ook in skokkende toestand en is 'n veiligheidsrisiko. Dit kan wel reggestel word om die beeld te verbeter."
"Mense besef nie hoe baie daar is om te doen en sien in en om Britstown nie - die dorp is eintlik 'n juweel waar mens gerus meer tyd kan deurbring."
"Loxton is een van die min versteekte juwele ten opsigte van plattelandse dorpe wat nog oor is in ons land. Die dorpie en sy inwoners wil 'n mens keer op keer laat terugkeer."
"Upington is baie skoon en daar is soveel om te doen. Ons sal definitief weer vir Upington besoek. Dit is net baie warm."
"Hanover is 'n oorblyfsel van 'n baie ou wêreld. Die kerk is beslis die moeitewerd met sy besonderse boustyl en houtwerk aan die binnekant. Hanover het die mooiste huise en fotoneem-paradys met sonsopkoms. Draai beslis af vir die bekoring vanaf die N1."
"'n Ligpunt van ons verblyf op Williston was die wonderlike restaurant, Manna, waar ons aandete en ontbyt geniet het. Die diens is briljant, die kos heerlik en Nisi het ons soos goud behandel. Die restaurant is een van die beste plattelandse plekkies wat ons al ooit op afgekom het, 'n versteekte juweel."
"Wonderful place. Met all our expectations. The owner of the coffee shop opposite the church was most helpful in terms of local attractions."
"Most people go to Kathu for work. As I did. It's a town to stay overnight when traveling to Cape Town. Bloemfontein or Kimberley."
"Kakamas is pragtig. Hou van die landelikheid en kalmte wat die dorp weerspieël."